van die Redaksie

julie

Dis vrouemaand en ons fokus val op vroue gesondheid en wat vroue kan doen om reg te leef en gesond te bly … dit geld vir oud en jonk.

Soos die jare aanstap maak sekere kwale ook hulle verskyning. Leer jou liggaam ken en let op die tekens wat jou waarsku.

Die vroeë opsporing van oa borskanker of ‘n gereëlde besoek aan ‘n dokter kan ‘n lewe red.
Kennis oor oa hoë bloeddruk, diabetes, depressie, borskanker, hartsiektes, spatare en oorgewig sal jou bemagtig om dit te kan hanteer en om dadelik die regte mediese hulp te kry.

By geleenthede wat deur KANSA, sommige apteke, vroue- en kerkorganisasies gereël word, word die noodsaaklikheid van ‘n gesonde leefstyl met korrekte eetgewoontes en gereëlde oefening beklemtoon.

Vir kennis, gemoedsrus en ondersteuning, doen moeite en woon geleenthede wat op vroue gesondheid fokus by.

Mae West het gesê: “’n Mens leef net een keer, maar as jy dit reg doen, is een keer genoeg”.

Julie Retief (Red)

editor@hessequanews.co.za

044 690 3006

OSKAR EN DIE PIENK TANNIE

sandra

Sandra Prinsloo kom Stilbaai toe.

Sandra Prinsloo het weer gewys waarom sy as die doyenne van Suid Afrikaanse  toneelspel bestempel word. Wat ‘n roerende deernisvolle, komiese, oortuigende  vertolking van drie, vier karakters met niks meer as net haar stem, houding en  bewegings. Die oorskakeling tussen ouma Rosa en die 10 jarige Oskar is fenomenaal.

Oskar en die Pienk Tannie (Oscar et la dame) geskryf deur Eric-Emmanuel Schmitt en in Afrikaans vertaal deur Naomi Morgan is die roerende verhaal van die kankerlyertjie, Oskar, en Ouma Rosa wat hom op verbeeldingryke en soms bitter snaakse wyse begelei deur sy laaste dae.

Dit is nou Stilbaai se beurt om hierdie briljante aktrise se eenvrouvertoning in Afrikaans op die planke te sien.

Thyme to Relish, die restaurant en koffieshop, geleë in die Plattebosch-sentrum, Hoofweg-wes is die trotse aanbieder van hierdie produksie.

Oral waar dit in Suid Afrika reeds aangebied is ,het die opvoering die een na die ander toekenning opgeraap. Die vertoning word in die Gemeenskapsaal aangebied om 19.30, maar die gehoor word vriendelik daaraan herinner dat vinger- snoepeetgoed en drankies reeds vanaf 18.00 bedien sal word in die sy-sale. Die hoofsaal se deure open om 19.00 en die vertoning begin om 19.30. Ongelukkig, as gevolg van die besonderse tegniese vereistes van die opvoering, sal persone wat laat kom, nie geakkommodeer kan word nie.
“Every now and then, about once a year, a not-to-be-missed play comes along. The kind of theatre
experience that steals your blind side, knocking down your defences. That neither dawdles nor jerks tears. That makes you double take; cast a furtive glance over your shoulder. That takes you by surprise, filling you with a sense of the unbearable fragility and fleetingness of life, the precious of moments. That delivers theatre magic. Such a play is Oskar en die Pienk Tannie” ( Deborah Steinmar)
PS Indien besoekers wil oorslaap, sal ons hulp verleen met besprekings.

Untitled-2

Waar: Ou Tronk

DINSDAG

1 September 2015 
08:45 vir 09:00
Tel no: 028 713 4300

Hiermee nooi ons almal wat ‘n besigheid het/bedryf, wat iets het om te verkoop of wat voel hulle kan baat deur nuwe kontakte te bou – kom netwerk saam. Die voordeel van netwerk is, jy leer nuwe mense ken en daardie mense ken weer mense wat ander mense ken.
Netwerk is ‘n uiters effektiewe manier om jou besigheid te groei, te adverteer en verwysings te verseker.
Jy bou kontakte waaruitbeide kan voordeel trek.
Bring ‘n vriend, of kom alleen…maar wees daar !!

 

Die byeenkomste sal een maal per maand in Riversdal en ook in Stilbaai gehou word.
Elkeen teenwoordig sal ‘n kort spreekbeurt kry – so bring gerus julle advertensie/promosie materiaal en besigheidskaartjies saam.

Na afloop van die verrigtinge sal daar geleentheid wees om te gesels en die ander teenwoordig te leer ken.

Hoewel die byeenkomste gratis is sal eet-en drinkgoed vir u eie rekening wees.

All Business Owners are invited to our Networking Meetings
Bring a friend, or come alone … but be there !!

These meetings will take place once a month in Riversdal as well as in Stilbaai.
Everyone attending will get the opportunity to explain in short what their business is all about.
So bring along your business cards and other promotional material.

After the formal proceedings there will be time to network.
Although these meetings are free of charge, all eats and drinks will be for your own account.

Sien julle daar/ See you there !!

Datums van beplande byeenkomste:
(Plek en Venue sal ons binnekort bevestig.)

1 September ’15 – Riversdal – Ou Tronk
15 September ’15 – Stilbaai –
Lappiesbaai Restaurant
29 September ’15 – Riversdal
13 Oktober ’15 – Stilbaai
27 Oktober ’15 – Riversdal
10 November ’15 – Stilbaai
24 November ’15 – Riversdal
Sien julle daar !

(Indien enigiemand hulle perseel wil aanbied vir
toekomstige vergaderings kontak my gerus –
Julie 082 412 3000).

 

 

HULP MET NAVRAE VIR OPKOMENDE BESIGHEDE

20 – 21 Augustus 2015 – ALBERTINIA

Neem kennis dat die afdeling vir Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling, Hessequa Munisipaliteit, Albertinia sal besoek.

Die doel van die besoeke is om navrae van opkomende besighede te hanteer.
Tipe navrae sluit in:

Besigheids registrasies
Finansiële hulp vir opkomende besighede
Hulp met besigheidsontwikkeling
Algemene besigheidsverwante navrae

Datum: 20 – 21 Augustus 2015
Tyd: 09h00 – 15h00
Plek: Theronsville Gemeenskapsaal

Hessequa Munisipaliteit
Tel: 028 713 7953
e-pos: jolanda@hessequa.gov.za

Water Beperkings

HESSEQUA MUNISIPALITEIT

Die Hessequa Munisipaliteit is begerig om die volgende waterbeperkingsmaatreëls te implementeer en ontvang graag publieke insette teen nie later as 12:00, 4 September 2015 nie :

1. Natmaak van tuine, parke of enige gras-area, word verbied tussen 10:00 en 16:00. (Bona fide kwekerye, duine rehabilitasie projekte, sekere sportvelde, sowel as karwas dienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling.)
2. Spreiers word toegelaat, maar tuinslange mag nie onversorg gebruik word nie (dit wil sê sonder toesig gelos word nie).
3 Afspuit van plaveisel en sementoppervlaktes word nie toegelaat nie. (Die afwas van sekere oppervlaktes in karwasdienste, slagpale, boupersele en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling).
4 Voertuie, bote en karavane moet verkieslik met emmers gewas word. Waar ‘n tuinslang gebruik word, moet dit toegerus wees met ‘n outomatiese afsluit spuitkop.
5 Die munisipaliteit behou die reg om, na oorweging van ‘n gemotiveerde aansoek, skriftelik goedkeuring te verleen vir vrystelling van spesifieke beperkings vir sekere verbruikers.

Insette kan per e-pos deurgegee word na info@hessequa.gov.za, per hand by die munisipale kantore ingedien word of gepos word na Posbus 29, Riversdal, 6670, vir aandag mnr. R. Wesso.
J. JACOBS
MUNISIPALE BESTUURDER