DRUGS / DWELMS

Die Belangrikste Dwelmsoorte:

Opkikkers:
(Kaffeïen is ‘n matige opkikker, terwyl kokaïen, ecstasy en tik (metamfetamien) veel meer kragtige opkikkers

Opkikkers laat mense wakker en vol energie voel. Opkikkers kan jou baie senuagtig maak, te veel daarvan kan jou paranoïes maak. As jy te lank opkikkers gebruik, kan jy jou senuwees en jou liggaam skade aandoen. Jy kan nie eet, jy kan nie slaap nie, en dan vat jy uiteindelik ‘n onderdrukker net om weer jouself te wees.

Depressante:
(Alkohal, cannabis, heroin en mandrax).
Onderdrukkers laat mense meer ontspanne voel. Almal hou daarvan om te ontspan, maar chemiese ontspanne mense kan hulself nie verdedig nie.

Te veel van ‘n onderdrukker soos heroïen kan kritieke lewensfunksies soos hartklop en asemhaling laat ‘slaap’ en dood veroorsaak – dit staan as ‘n oordosis bekend.

Hallusinogene:
Hallusinogene verwring jou persepsie van die werklikheid, wat party mense soms vermaaklik vind. Om hallusinogene te gebruik, kan soms soos ‘n baie kragtige droom voel, maar soms kan hierdie droom in ‘n nagmerrie verander. ‘n Slegte hallusinasiereis kan die res van jou lewe by jou spook en party mense verlang uiteindelik na die dae toe die werklikheid hul enigste probleem was.

Dwelmkombinasies:
Dagga word dikwels met heroïen gemeng en onder name soos “Whoonga” (Kaapstad), “Nyaope” (Pretoria) of “Sugars” (Durban) verkoop. Die uitwerking van hierdie kombinasie is onvoorspelbaar, maar sal beslis al die risiko’s verbonde aan die gebruik van beide dwelms hê: asemhalingsprobleme, h

Print Friendly, PDF & Email