Pasafgelope Besigheids Byeenkoms

(Click on Images to Enlarge)

IMG-20150819-WA0009IMG-20150819-WA0017IMG-20150819-WA0016IMG-20150819-WA0015IMG-20150819-WA0014IMG-20150819-WA0012IMG-20150819-WA0010

Die Hessequa Nuus se tweede Besigheids Byeenkoms by “Thyme to Relish” het weereens goed afgeloop met 8 nuwe besoekers.

Hoewel teleurgesteld dat van die vorige Besigheidseienaars of teenwoordigers nie daar was nie, is daar geen twyfel, dat daar weereens goeie kontakte onder die wat dit bygewoon het, gemaak is. Al klaar het van die besoekers inligting uitgeruil en planne beraam van hoe hulle mekaar kan ondersteun en kan saamwerk.
Fantasties … dit is die doel van die byeenkomste.

Gereeld hoor ek mense wat noem dat hulle al lankal so iets wou begin, want so iets is al lankal in die Hessequa omgewing nodig.
Nou hier is ons ….en dis gratis !!!

Dit is die ideale geleentheid om julle besigheid of produkte ens aan almal teenwoordig bekend te stel en te netwerk.
Die byeenkomste vind een maal per maand plaas en die geheim is om die byeenkomste gereeld by te woon om die maksimum blootstelling te kry.

As jy dit nie self kan bywoon, stuur gerus ‘n verteenwoordiger om in te staan.
Elkeen sal ‘n kort spreekbeurt kry – so bring gerus julle advertensie/promosie materiaal saam.
Ons sal probeer om dit so kort as moontlik te hou, om tyd vir netwerk na die verrigtinge toe te laat.

Bring ‘n vriend, of kom alleen …maar woon dit gerus gereeld by.

Navrae: Julie Retief (082 412 3000)
editor@hessequanews.co.za

Print Friendly, PDF & Email