van die Redaksie

julie

Dis vrouemaand en ons fokus val op vroue gesondheid en wat vroue kan doen om reg te leef en gesond te bly … dit geld vir oud en jonk.

Soos die jare aanstap maak sekere kwale ook hulle verskyning. Leer jou liggaam ken en let op die tekens wat jou waarsku.

Die vroeë opsporing van oa borskanker of ‘n gereëlde besoek aan ‘n dokter kan ‘n lewe red.
Kennis oor oa hoë bloeddruk, diabetes, depressie, borskanker, hartsiektes, spatare en oorgewig sal jou bemagtig om dit te kan hanteer en om dadelik die regte mediese hulp te kry.

By geleenthede wat deur KANSA, sommige apteke, vroue- en kerkorganisasies gereël word, word die noodsaaklikheid van ‘n gesonde leefstyl met korrekte eetgewoontes en gereëlde oefening beklemtoon.

Vir kennis, gemoedsrus en ondersteuning, doen moeite en woon geleenthede wat op vroue gesondheid fokus by.

Mae West het gesê: “’n Mens leef net een keer, maar as jy dit reg doen, is een keer genoeg”.

Julie Retief (Red)

editor@hessequanews.co.za

044 690 3006

Print Friendly, PDF & Email