Water Beperkings

HESSEQUA MUNISIPALITEIT

Die Hessequa Munisipaliteit is begerig om die volgende waterbeperkingsmaatreëls te implementeer en ontvang graag publieke insette teen nie later as 12:00, 4 September 2015 nie :

1. Natmaak van tuine, parke of enige gras-area, word verbied tussen 10:00 en 16:00. (Bona fide kwekerye, duine rehabilitasie projekte, sekere sportvelde, sowel as karwas dienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling.)
2. Spreiers word toegelaat, maar tuinslange mag nie onversorg gebruik word nie (dit wil sê sonder toesig gelos word nie).
3 Afspuit van plaveisel en sementoppervlaktes word nie toegelaat nie. (Die afwas van sekere oppervlaktes in karwasdienste, slagpale, boupersele en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling).
4 Voertuie, bote en karavane moet verkieslik met emmers gewas word. Waar ‘n tuinslang gebruik word, moet dit toegerus wees met ‘n outomatiese afsluit spuitkop.
5 Die munisipaliteit behou die reg om, na oorweging van ‘n gemotiveerde aansoek, skriftelik goedkeuring te verleen vir vrystelling van spesifieke beperkings vir sekere verbruikers.

Insette kan per e-pos deurgegee word na info@hessequa.gov.za, per hand by die munisipale kantore ingedien word of gepos word na Posbus 29, Riversdal, 6670, vir aandag mnr. R. Wesso.
J. JACOBS
MUNISIPALE BESTUURDER

Print Friendly, PDF & Email