BRIEF AAN BESIGHEDE

18

“Big things often have small beginnings”

Geagte Riversdal besighede, Om die inisiatief van Hessequa Nuus te ondersteun in hul poging om die besigheidsnetwerk in Riversdal te bevorder borg PSG die PSG Besigheids Gholfdag, te Riversdal Gholfklub, 3 Oktober 2015, en u word hartlik uitgenooi en betrek by die geleentheid.

Ons as PSG wil ons graag aan die sake gemeenskap bekendstel, asook ander besighede die kans gee om te adverteer en die dag as netwerk geleentheid te sien. U word vriendelik aangemoedig om die geleentheid te gebruik om gratis te adverteer in die vorm van vaandels, ‘n skou motor of ander promosie materiaal.

Vir nie-gholfers en besigheids eienaars, enige tyd vanaf 18:00 behoort die prysuitdeling plaas te vind. Kom gerus voor die tyd om nie die kennismaak en netwerk geleentheid mis te loop nie.
Verder kan ‘n vierbal ingeskryf word vir die spel en die kans om weg te stap met van die pryse wat n aluminium gholf sleep karretjie, staan gholfsak, Fearless toksak en meer insluit.

Om in te skryf, skakel die gholfklub by 028 713 3056.

Vir verdere besonderhede i.v.m die plasing en opstel van promosie materiaal kontak PSG Riversdal:
Tel: 028 050 0840
Dirk Stassen: 083 297 7340
Elsabe Vermeulen: 082 574 0546

19

Print Friendly, PDF & Email