Naam en Van
Karlien van Zyl
Van waar kom u?
Afgelope 4 jaar het ons in Uniondale gewoon. Voor dit het ons vir 13 jaar in Secunda gewoon
Wat bring u na Stilbaai?
Ons wil graag ons kinders in hierdie omgewing laat grootword. ‘n Geleentheid om ‘n nuwe mediese praktyk te begin het ons oortuig om Stilbaai as nuwe woning te kies.
U huidige beroep?
Mediese Dokter
Het u kinders? Indien wel, vertel ons meer.
Ja 2 kinders. Rosa ons dogter is 11 Jaar oud en Johan is 9 jaar oud. Albei gaan skool by Bertie Barnard Laerskool hier in Stilbaai
U gunsteling gereg?
Gewone Boerekos
Het u stokperdjies en/of wat is u belangstellings?
Skets graag alledaagse of humoristiese tonele. Beginner met karate
Doen u moeite om by die gemeenskap betrokke te raak, en indien wel, deel dit met ons?
Ja – Geen keuse! Met kinders op skool is mens betrokke by al hulle bedrywighede.
Ek verlaat nooit my huis sonder …………
Skoene
Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Ek is in Vereeniging gebore en daar skoolgegaan tot in Matriek. Ek het op Tukkies gestudeer waar ek my man Johannes ontmoet het. Ek het my hospital jaar in Witbank gedoen en daarna Gemeenskapsdiens in Evander Hospitaal. Ek het in 2001 vir ‘n jaar lank in Engeland gewerk in hulle privaat hospitale. Na Engeland het ek in Secunda by ‘n privaat mediese praktisyn gewerk asook skofte in ‘n besige ongevalle eenheid in Trichard.
Kontakbesonderhede:
Naam: Karlien van Zyl
Tel: 082 616 0640
Epos: stilbaaimedies@gmail.com
E-pos aan: editor@hessequanews.co.za