Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf:
Business Finder is ‘n jaarlikse besigheidsgids wat Desember/Januarie elke jaar gratis versprei word vanaf Riversdal tot by Groot Brak Rivier. Ons het ‘n passie vir plaaslike besigheid en hou daarom die area van ons verspreiding gefokus om sodoende die plaaslike ekonomie van ‘n area te bevorder. Die Business Finder is nie ‘n ‘junk mail’ nie maar eerder ‘n hoë kwaliteit, volkleur ‘glossy’ publikasie waarop ons adverteerders trots is om in te adverteer.

Wanneer het u besigheid begin?
Die Mosselbaai Business Finder strek al by die 9de uitgawe en ons was trots om dié jaar die eerste George Business Finder te loots.

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
Marknavorsing het bewys dat slegs 19% van plaaslike inwoners (Tuinroete en Hessequa) gebruik maak van die internet vir aankope of navorsing. Behalwe vir die plaaslike koerante en verskeie weeklikse of maandelikse ‘weggooi blaaie’ is daar nie regtig ‘n goeie, hoë kwaliteit advertensie opsie nie en dus was daar ‘n gaping in die mark wat ons met ope hande gegryp het.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Die Business Finder is een van die enigste publikasies van sy soort wat aanklank vind by beide die plaaslike- sowel as toerisme mark. Nie net is daar afdelings vir die bou industrie, medies, gesondheid, profesionele dienste en vele meer nie – maar ons restaurant gids en verblyf- en aktiwiteite afdeling is baie populêr onder besoekers. Ons verspreiding verseker dat alle privaat inwoners, toeriste en besigheidsmense toegang het tot die Business Finder en hul adverteerders.

Watter produkte/dienste bied u aan?
Omdat ons ernstig en passievol is oor besigheid (ons eie sowel as ons adverteerders) bied ons bekostigbare, hoë gehalte bemarking deur advertensies. As ‘n ekstra diens bied ons weeklikse, gratis, netwerke aan vir ons kliënte – Woensdae 09h00 in Mosselbaai en Donderdae 09h00 in George.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
Ons publikasie is van ‘n baie hoë gehalte en is kleurvol en maklik om te gebruik. Dit bevat ook die jaar almanak, getye, padkaarte en baie meer – alles om die leser se lewe makliker te maak. Ons passie en kennis van die area stel ons in staat om ‘n gehalte en relevante produk te lewer. Ons suster-maatskappy, Omni Marketing, spesialiseer in ontwerp en ander bemarkingsdienste so ons Business Finder kliënte is verseker van die beste advertensie en bemarkingsopsies – en top gehalte, gratis ontwerp van hul Business Finder advertensie!

Persoonlike
hoogtepunte/suksesse/prestasies
Business Finder groei elke jaar meer en meer en aangesien baie van ons kliënte ander bemarkings materiaal nodig het, het ons in 2013 besluit om Omni Marketing bekend te stel wat alle bemarkings- en ontwerp vasette van die besigheid hanteer. (Omni Marketing het in 2015 die Mosselbaai Caravel toekenning gewen vir “Excellence in Online Marketing”.) ‘n Groot pluimpie vir ons is die feit dat die Mosselbaai Business Finder vanaf 2012 deur die Mosselbaai Munisipaliteit onderskryf word en as gevolg van die Mosselbaai uitgawe se sukses het die George Besigheidskamer reeds met ons eerste uitgawe dié publikasie onderskryf!

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Ons bestuurs- asook personeel is bekwaam en gekwalifiseer. Ons het tussen ons meer as 50 jaar ondervinding in Reklame en Bemarking.

Voltooi die volgende stellings:
“Ondervinding het my geleer dat ……………..”
Elke kliënt, groot of klein, dieselfde doel het – om uit te staan teen die opposisie en om ‘n goeie wins daaruit te maak, dus is al ons kliënte ewe belangrik vir ons. En dat dienslewering ons belangrikste kommoditeit is.

“In die toekoms sal my besigheid die volgende (aan) bied ………….”
Nou dat ons die George uitgawe suksesvol blootgestel het kyk ons na ander areas om na uit te brei. Om nie agter te bly met die tyd nie, het ons besluit om ‘n groot kapitale belegging aan te gaan en ons reeds populêre webtuiste oor te doen sodat dit meer effektief en gebruikersvriendelik is.

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
“Running a business without advertising is like winking at a girl in the dark; you know what you are doing but nobody else does!”
Kontak besonderhede:
Naam – Lynette Whittaker
Tel no. – 044 690 3752 (hoofkantoor)

11

Print Friendly, PDF & Email