NUUTSTE SKOONHEIDSTEGNOLOGIE by Fynbos Apteek

Soos die meeste van u self reeds gesien het, het die Fynbos Apteek oor die afgelope paar maande ‘n reeks opwindende veranderings ondergaan.

Vandat ons nuwe Apteker, Willie Delport by ons aangesluit het, is sy positiewe bydrae duidelik sigbaar .

Tesame met ons toegewyde personeel poog ons steeds om leiers op ons gebied te wees deur voortdurend te strewe na die beste diens. Ons het nou ook driemaandelikse sowel as maandelikse promosies beskikbaar. Hou asb die media dop vir al ons ander dienste en spesiale aanbiedinge.

Ons Skoonheidsalon is die nuutste toevoeging tot dienste beskikbaar by die Apteek.

Valerie Prins is ons Skoonheidsterapeut en verantwoordelik vir die beste, professionele diens aangebied by ons apteek. Daarby is sy in pas met die voortdurend veranderende en vernuwende bedryf. Ons salon is ook nou ‘n onafhanklike Placecol-Salon.

Van ons nuutste toerusting wat aangekoop is vir hierdie doel sluit in die Placecol Sagte Laser en die Diamond Peel Microdermabrasie masjien.

Die Placecol Sagte Laser (lae vlak sagte Laser) is ‘n vorm van lig terapie, waarvan die hoof terapeutiese beginsel berus op biologiese stimulasie.

Voordele van die PSL:
• Behandeling van Pigmentasie
• Verhoog bloedsirkulasie (meer suurstof en nutriënte word voorsien)
• Limfdreinering word bevorder (verwydering van gifstowwe)
• Vel se elastisiteit word verhoog
• Kollageen produksie word gestimuleer
• Beter absorpsie van velsorgprodukte

Spesifieke probleme wat behandel word:
• Vergrote porieë
• Verstopte porieë
• Kalmeer vel irritasies
• Fyn lyne
• Donker kringe onder oë
• Littekens
• Rooi aartjies op die neus
Die PSL het geen newe-effekte.
Diamond Peel Microdermabrasie
Microdermabrasie is ‘n veilige en effektiewe prosedure om die vel te vernuwe.

Die kombinasie van afskilfering (met die diamant kop van die masjien op kliënt se vel) en suigaksie terselfdetyd, stimuleer die produksie van gesonde lewende selle in die basale laag van die vel.

Die Diamond Peel is ‘n Kristal-vrye microdermabrasie. Die prosedure is tyd-effektief, sagkens, skoon, los geen residu op die vel, en die Terapeut kan sien presies hoeveel dooie vel en afval verwyder word.

Indikasies vir prosedure:
• Fyn lyntjies, plooie, asook frons en kraaiplooitjies
• Verouderde vel
• Aknee letsels
• Dowwe, lewelose vel
• Komedoon /milia verwydering
• Pigmentasie en ouderdomsvlekke
• Littekens
• Verslapte vel
• Rokers vel

Voordele van
Diamond Peel Microdermabrasie:
• Help om vel se natuurlike nutriente aan te vul
• Bevorder sellulêre aktiwiteite
• Verbeter elastisiteit en tekstuur
• Bevorder die voorkoms van ‘n gesonde vel
• Feitlik geen newe-effekte
• Effektief op alle velkleur en tipe
• Geen verdowing nodig
• Uitstekend vir vel sensitief teenoor chemiese
afskilfering

Wanneer u die salon besoek vir ‘n Diamond Peel word u vel eers volledig ge-analiseer om seker te maak dat geen kontra-indikasies teenwoordig is nie. Die PSL is ‘n onontbeerlike deel van hierdie behandeling, waarna gespesialiseerde serums en maskers toepaslik vir elke kliënt aangewend word.

Fynbossentrum – Stilbaai
Tel. 028 754 1860 | prinsesval@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email