TUINMAAK met Leani

Voorstelle vir punte om na te let met plante aankope

Dit is belangrik om met gesonde plante te begin. Begin met blaar kleur. Geel blare is die eerste indikasie van stres as gevolg van te veel of te min ‘n tekort aan kunsmis en water. Dit het nie betrekking op goue blaar variëteite nie.

Volgende is plant wortels. ‘n Teken van sterk wortels is klein fyn wortels wat by die dreineringsgate uit groei. Groot dik wortels wat deur die dreineringsgate groei is ‘n teken dat die plante pot gebonde is. Plante wat te lank pot gebonde is se groei word belemmer en sal nie floreer nie.

Moenie jou laat flous nie deur mooi blomme en bloeisels nie. Wanneer jy plante kies wat reeds in blom is vat eerder die plant wat een of twee bloeisels aan het. Vermei plante wat lyk of hulle al weke in blom is. Eenjarige plante kan stres en uit blom, so ook kan perenniele plante wat reeds in blom is suksesvol verplant word, maar sal nie swaar blom tot die volgende jaar nie.

Kompos verryk jou grond en verbeter die grondstrukture. ‘n Meer growwe struktuur is beter om lug en water in jou grond in te laat en vergemaklik wortel penetrasie. Kompos bevat talle ensieme en mikrovoedingstowwe wat voordelig is vir plante en bevorder ook hul immunstelsels. Kompos het ‘n neutraliserende effek op die grond pH wat die plante toelaat om voedingstowwe te absorbeer uit die grond. Kompos is natuurlik en kan as dit reg gedoen word jou beste organiese voeding vir jou tuin wees en bevat min stikstof.

Dis belangrik om plante te plant in gate van dieselfde diepte as die houer waarin jy hom gekoop het. Maak ‘n vierkantige gat eerder as ‘n baie diep gat, omdat nuwe wortels geneig is om sywaarts te groei eerder as afwaards.

Wanneer jy water gee is dit beter om die wortels nat te maak eerder as die hele plant. Probeer om die blare droog te hou om blaar-plek siektes te verhoed. Dis beter om jou plante vroeg oggend water te gee voor die temperature styg .In ‘n dorre klimaat is dit weer beter om in die aand water te gee om verdamping te verminder.

Snoei verlepte en dooie blomme en takkies om die plante te kul om nuwe lote en blomme te produseer. Dit laat jou tuin ook netjies vertoon.

Met die basiese take kan jy ‘n gesonde tuin handhaaf.

Leani Kwekery: 044 620 2565

Print Friendly, PDF & Email