VAN DIE REDAKSIE

vdr

Elke nou en dan tref dit jou ….. ’n dag waar jy wens jy het liewer nie opgestaan nie.

Jy is moeg en geïrriteerd want niks wil reg uitwerk nie en dit voel asof jy geen beheer oor jou dag en lewe het nie.

Die lewe is een lang gejaag en soms is dit net nodig om stil te raak.
Dit is ‘n moet dat jy soms net moet wegbreek. ‘n Naweek weg is goed vir die siel.

Jy het nie eens ‘n groot duur 4×4 motor, paspoort of malaria pille nodig nie.
Hierdie pragtige land van ons het meer as genoeg opwindende en bekostigbare plekke om te besoek.
Soek net ‘n bietjie rond, iewers naby sal jy ’n plekkie vir min geld kry, waar jy ‘n tentjie kan opslaan, ‘n vuurtjie kan aansteek en jou kan verbeel jy is myle weg van die huis. Net daar, gooi jy al jou probleme in die vuur en verlustig jou aan die rustigheid van die natuur.

Gaan stap, kyk voëls, luister na die geluide van die veld en skep nuwe moed.

“Life is like riding a bicycle. To keep your balance, you must keep moving”.
(Albert Einstein)

 

Julie Retief (Red)

editor@hessequanews.co.za

Print Friendly, PDF & Email