Besigheids Fokus | Karoolie Handmade Soap

15

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf:
Karoolie Handmade Soap manufactures soap from vegetable oils. We package our soap in branded cotton fabric bags. We brand our product with unique pictures about the area’s architecture, landscape and tourist experiences.

Wanneer het u besigheid begin?
2013

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
Ons kom oorspronklik vanaf Uniondale en daar was min lokale produkte vir Toeriste om te koop. Ons het ook eers biodiesel van plantolies vervaardig en met die chemie wat baie dieselfde is as seepmaak was dit vir die besigheid ‘n maklike omskakeling. Ons is bly om in Stilbaai te vestig aangesien dit meer toeriste die geleentheid gaan bied om van ons produk te koop en hulle wedervaringe te gaan deel.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Ons grootste kliënte is geskenkwinkels/ Koffiewinkels/ Padstalle/gastehuise wat die produk weer aan Toeriste te koop aanbied.

Watter produkte/dienste bied u aan?
Seep maar ons druk ons prentjies ook op koffie bekers en skilderdoek.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
Ons produk word verpersoonlik vir die area waarin ons versprei. Ons kan ook kleiner bestellings hanteer.

Persoonlike hoogtepunte/suksesse/prestasies
Ons was in 2014 op die SABC 2 program Mooiloop toe hulle Uniondale besoek het.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Persoonlike aandag aan detail

Voltooi die volgende stellings:
“Ondervinding het my geleer dat ……………..”
Die mark bepaal hoe jou produk moet lyk

“In die toekoms sal my besigheid die volgende (aan) bied ………….”
Ons is besig om nuwe prentjies te ontwerp wat die uniekheid van Stilbaai hopelik gaan vasvang.

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
Ondersteun plaaslike produkte want dit skep plaaslike werksgeleenthede.

Kontak besonderhede:
Johannes van Zyl
0795105835
www.karoolie.co.za
editor@hessequanews.co.za

Print Friendly, PDF & Email