RIVERSDAL TOEGANGROETES TYDENS GRAANSEISOEN

11

Die somergraan-seisoen is op hande en is die silodienste in Riversdal van kardinale belang in die hantering en verberging van die duisende ton graan van die plaaslike en omliggende boere van die Hessequa-streek.

Wes-Kaap Provinsie is tans besig met twee padopgraderings projekte in Riversdal.
Die R 323 Oakdale-pad is al ʼn geruimte tyd onder hande en weens die hoë reënval en weersomstandighede is die projekbestuur agter skedule.
Provinsiale Regering het kontrakteurs aangestel om die waterpyplyn te Kerkstraat teen 23 September 2015 te voltooi waarna padkonstruksie sal begin.
Hessequa Munisipaliteit is bewus van die vertraging by die R 323 Oakdale pad, Hoof- en Kerkstraat asook die belangrikheid en prioriteit aandag wat die swaar voertuie moet geniet tydens die aflewering van graan. Hessequa Munisipaliteit wil graag die gemeenskap en boere gerus stel deur die volgende alternatiewe reëlings en toegangroetes onder die publiek se aandag te bring:
– Swaar voertuie en vragmotors sal steeds Hoofweg en Kerkstraat roetes gebruik.
– Swaar voertuie en vragmotors sal voorkeur geniet tydens die verkeersvloeitye.
– Die nodige reëlings is deur die kontrakteurs getrek vir die parkering van swaar voertuie en vragmotors by die Riversdal silodienste.

Hessequa Munisipaliteit se Beskermingsdienste beamptes sal gereeld die roetes patrolleer en verseker dat alle motoriste nie verontrief word in die proses nie.

Print Friendly, PDF & Email