NSRI Stilbaai 10 km

Ek wil die storie van die NSRI Stilbaai 10km graag deel.

Die draf het in 2006 begin as ‘n vakansie aktiwiteit en was gesamenlik gereël deur vakansiegangers en permanente Stilbaaiers. Vanaf 2008 is dit ten bate van NSRI stasie 31. Die draf het gegroei van net oor die 200 deelnemers in 2006, tot ongeveer 900 deelnemers in 2014.

Tipiese kommentaar van hardlopers:
“Baie dankie vir ‘n onverbeterlike Stilbaai10! Ons het dit soos altyd regtig baie geniet…”

“Dit was ‘n baie lekker dag, en ‘n blink geleentheid om die ou jaar op ‘n hoë not aft e sluit.”

“Well organised race. Beatiful route. Next to the sea for a long time. The first 7 km on hard surfaces, the 3 km on hiking trails in the dunes. The most scenic 10 km!”

Die doel van die wedloop is om vakansiegangers Stilbaai nog meer te laat geniet. Dit slaag duidelik in die doel. Dit is ook ‘n fondsinsameling geleentheid vir die NSRI. Al die inskrywingsgeld gaan word geskenk aan die NSRI. Daar is nie baie uitgawes om die wedloop aan te bied nie, maar soos die getalle groei, word die uitgawes ook meer. Die organiseerders probeer om vir elke deelnemer ‘n medalje te gee, ‘n paar klein pryse vir die wenners (mans, dames en ouderdom kategorieë), en daar is ook waterpunte op die roete en by die einde.

As u graag wil deel wees van die wedloop, is u baie welkom. Kom draf (of stap) saam en nooi u familie en vriende ook saam. Ons het ook altyd hulp nodig bv. by waterpunte, as roete-beamptes, eindpunt tyd opnemers die administrasie en fotograaf. U kan help om van die onkostes te borg. Die volgende word spesifiek benodig:

1)Borgskap van medaljes. Dit kan natuurlik die borg se embleem of naam dra.

2)Pryse vir kategorie wenners. Uitstekende pryse is geskenkbewyse van plaaslike besighede. Ons sal graag ‘n total van ten minste R2000 wil uitdeel as pryse, as veelvoude van R100. Die versoek is dus vir R100 geskenkbewyse (1 of meer).

Vir meer inligting oor die wedloop kyk na www.rtbmc.co.za.

Print Friendly, PDF & Email