PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK – Johannie Vermeulen

Untitled-1

Naam en Van
Johannie Vermeulen

U huidige beroep?
Mede-eienares van Stilbaai Kelders

Hoe lank woon u al in Hessequa area?
18 jaar

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Verskillende kulture, reis en natuurlik goeie wyn.

Wat is die een fliek wat jou altyd laat lag?
Madagascar, Ice age.

Watter nuttelose talent het jy waarvan niemand weet nie?
Ek het ‘n talent om goed te laat verdwyn…..Sleutels, bankkaarte, bestuurderslisensie, penne, my handsak. Partykeer laat ek dit vir weke verdwyn… en dan uit die bloute duik dit weer op. Dit dryf my familie en vriende teen die mure uit, terwyl ek glo dis ‘n rare talent.

As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Enige F1 wenjaer. Ek hou nogal van vinnig ry.

Watter boek lees jy tans?
College SA history of Architecture.

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Ek sal eerste een of twee welsynsorganisasies wat na aan my hart lê finansieël help.
Daarna sal ek ‘n ‘dual bike’ aanskaf. En dan natuurlik ons land gaan verken met hom.

Ek verlaat nooit my huis sonder …….
mmm…Ek verlaat die huis sonder meeste goed en moet 95% van die tyd terugdraai vir
motorsleutels/beursie/handsak/Balloo(pappegaai.

Jou gunsteling restaurant en gereg?
Willoughby’s se sushi in die Waterfront – Kaap.

Wat is jou gunsteling vakansie bestemming?
NZ – Noorde-eiland, Parys – Europa, of enige plek met see, ‘n berg en staproetes waar ‘n tent opgeslaan kan word.

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Ek lei aan baie erge ‘stage freight’.
Ek is ietwat van ‘n adrenalien junky.
Ek was ‘n springbok skopbokser in 2002.
Ek het ‘n liefde vir “interior decorating” en “designing” en studeer dit ook tans.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van stilbaai?
Ons bly in Stilbaai vir ‘n rede:
1. Hou op “komkommer” oor dinge wat nie saak maak.
2.Begin elke nuwe dag met ‘n huppel in jou stap.
3. Waardeer EN beskerm ons mooi dorp. 4.Help ander.
5. Lag.
6. Sê wat jy wil sê
7.Wees stout.
8. Sê dankie na Bo.
9. As dit ‘n rowwe dag was – drink ‘n glasie wyn.
10. Begin die volgende dag weer by 1.
Johannie Vermeulen – 082 050 0575

Print Friendly, PDF & Email