STILBAAI SAKEKAMER

Die Stilbaai Sakekamer beplan om weer hierdie jaar die vakansiegangers welkom te heet met ‘n verwelkomingspakkie. Dit bied u as ons lede die geleentheid om u besigheid te bemark.
U is welkom om geskenkbewyse, afslagkoepons of klein geskenkies, al is dit net ‘n klein sjokolade met u besigheidskaartjie aan, in die verwelkomingspakkies te sit.

Ons vra dat julle innoverend moet wees en help om die pakkie interessant te maak. Ons beplan om ongeveer 300 verwelkomingspakkies uit te deel. Dit word nie van u verwag om ‘n volle 300 geskenke te gee nie. Hierdie geleentheid word slegs aan ons lede aangebied. Graag versoek ons u hiermee om ons so spoedig moontlik te laat weet indien u sou belangstel om betrokke te raak by die projek.

Stilbaai Chamber planned again this year to welcome the holidaymakers with a welcoming parcel. It offers you as members the opportunity to market your business. We need gift vouchers, discount vouchers or any small gifts to put in the welcoming parcel. Be innovative and make the parcel interesting. We plan to distribute about 300 parcels. Kindly let us know if you are interested in becoming involved in the project.


 

KLEINSAKE BYEENKOMS

U word hiermee hartlik uitgenooi na ons laaste kleinsake-byeenkoms van 2015.
Dit vind plaas dv Dinsdag, 3 November 2015
om 19:00 te Stilbaai Golfklub.
Onderwerp: WERKGEWER WERKNEMER VERHOUDINGS
Die bestuur van personeel kan soms baie vermoeiend wees. Ons word soms so vasgevang om met “mens probleme” te worstel dat produktiwiteit en winsgewendheid daaronder ly. Dan praat ons nie eens van regs dreigemente en –kostes wat ons in die gesig staar nie. Is daar nie makliker maniere nie? BESLIS JA

U is welkom om van u vriende saam te bring.

Ons kan help om dit te verwenslik.
LEWENSVAARDIGHEID FASILITEERDERMENTOR
JOGGIE KASTNER SEL 082 920 8421
e-mail : kastner@vodamail.co.za

Print Friendly, PDF & Email