Suid-Kaapse kusgrond-verwarring

Onlangse bewerings dat staatsgrond aan die Suid-Kaapse kus, onwettig deur privaat eienaars oorgeneem is, is by ‘n samekoms van landmeters deur die landmeter-generaal weerlê.
Die landmeter-generaal, John Obree, het op 14 Oktober in Kaapstad aan die Geomatika-instituut gesê die verwarring spruit uit ‘n wanvoorstelling oor die rooilyndiagramme waarmee in 1879 begin is en wat in 1927 geskrap is.

Die indruk is onlangs foutiewe geskep dat strandreserwes van die staat bestaan op privaat eiendomme aan die kusstrook van 50km tussen Gouritsmond en Stilbaai.

Obree meen daar is geen staatsgronde aan dié kusgebied nie. “Selfs al sou daar wees, sou dit duidelik op die titelaktes van grondeienaars omskryf wees,” sê hy.

In 1879 het landmeters met rooilyndiagramme begin om foutiewe oorspronklike diagramme reg te stel. Die eerste opmetings van grond was in 1657. Maar namate tegnieke en toerusting verbeter het, het landmeters foute op geregistreerde karate teëgekom.

In 1879 (Twintig jaar later) het ‘n wet gereël dat landmeters grenslyne in rooi kan trek om verskille uit te wys. Dus is die nuwe opgemete data sowel as die oorspronklike data nog op rekord.

Sowat 58 jaar later het die Wet op Opmeting van 1927 die landmeter-generaal gemagtig om ‘n onjuiste oorspronklike diagram reg te stel, en die gebruik van rooilyndiagramme is gestaak. Talle rooilyndiagramme bestaan egter nog, wat lei tot die wanbegrip en verwarring meen, Obree.

Print Friendly, PDF & Email