Besigheids Fokus – ALARM SECURITY DIRECT

8

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf:
Ons verskaf, voorsien en installeer Alle sekuriteitsstelsels, van die beste alarmstelsels tot CCTV sekuriteitskamerastelsels vir huise, besighede, klein vliegtuie, seiljagte, bote, asook karavane. Hierby insluitende ook alarmstelsel, monitering en koppeling aan gewapende reaksiedienste. Verder bied ons telefoonlyn en internet koppelingsdienste aan.

Wanneer het u besigheid begin?
Ons besigheid is gestig in die jaar 2000 en ons handelsnaam onder ASD Alarms and Security Direct sedert 2013 toe ons ‘n Internet Webwerf en verkope gestig het.

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
Met die toenemde misdaadgevalle landswyd, het ons besluit om hierdie dienste aan te bied wat die heel nuuste tegnologie en produkte gebruik om misdaad die hok te slaan. Dit bly maar altyd ‘n lekker gevoel om by ‘n kliënt te ry en te weet jy het hom tot die beste van jou vermoë beveilig.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Die aard van ons besigheid en produkte maak dat ons die hele gemeenskap dien. Ons klem is natuurlik op ons senior gemeenskap en families waar die man byvoorbeeld uitstedig werk, asook besighede met spesifieke sekuriteitsbehoeftes.

Watter produkte/dienste bied u aan?
Die nuuste Alarm en Sekuriteitsstelsels. Hoë kwaliteit sekuriteitskamera- (CCTV) en
Elektriese omheiningstelsels. Huis Alarm monitering en instandhoudingstoesig.
Alarmstelsels en paniekknoppies vir sig en gehoor gestremdes, asook die bejaarde gemeenskap.
Telefoonlyn dienste (VOIP) en hoë spoed internet dienste.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
ASD Alarm stelsels is ons eie produkte en verteenwoordig die heel nuuste alarm tegnologie beskikbaar in die wêreld vandag. Al ons stelsels kom met ‘n baie belangrike funksie ingesluit, naamlik volle selfoonbeheer en of WI FI beheer. Dit laat jou toe om met jou alarm stelsel te kommunikeer van enige plek in die wêreld. Verder kan jy ook byvoorbeeld buite ligte of jou swembad pomp aan of afskakel deur middel van jou selfoon. Maar meer belangrik is die onmiddellike in kennis stelling van enige ongemagte toegang op u perseel. Verder ondersteun ons al ons produkte met ‘n drie jaar waarborg.

Persoonlike hoogtepunte/suksesse/prestasies
Die suksesvolle installering van sekuriteitsstelsels vir blinde en doof gestremde mense, asook verskeie unieke sekuriteitsstelsels soos aangevra per spesifieke versoeke, naamlik- boere op afgeleë plase.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Persoonlike diens en ‘n werklike omgee vir die unieke behoeftes van ons medemens in die gemeenskap met betrekking tot alles rakende sekuriteit en beveiliging.

Voltooi die volgende stellings:
“Ondervinding het my geleer dat ……………..”
‘n Mens is nooit te oud om iets nuuts te leer nie, en ook dat goeie maniere en persoonlike diens met ‘n glimlag, nooit uit die mode uit gaan nie!

“In die toekoms sal my besigheid die volgende (aan) bied ………….”
Ons is tans besig met ‘n alternatiewe, goedkoper manier vir alarm en sekuriteitsmonitoring, asook om telefoon en internet dienste geriefliker en meer bekostigbaar te maak vir ‘n ieder en ‘n elk.

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
Al woon ons in ‘n wonderlike omgewing met ‘n relatiewe lae misdaad syfer, moet ons altyd paraat wees insake persoonlike veiligheid. Een misdaad voorval, is een voorval te veel. Dus daarom,’n ordentlike sekuriteitsstelsel om onsself altyd een stap voor enige misdaad voorval te hou. Maak asb. gerus enige tyd kontak met ons, al is dit net vir raad of ‘n geselsie. Ons is hier om ons gemeenskap te dien

Kontak besonderhede:
Naam: CORRIE HORN
Tel no: 028 0500 111 OF 044 0500595
Cell no: 076 372 3865
Epos: asdinfo@mweb.co.za
Webtuiste: www.alarmsandsecuritydirect.co.za

9

Print Friendly, PDF & Email