van die Redaksie

Untitled-1

Die lewe is nie sonder seerkry en uitdagings nie.
Dis vakansietyd, Kersfees is op hande en my gemoed vandag swaar en donker.
Nog slegte nuus … en dit net in die kring waarin ek beweeg !

Ek maak my oë toe en oral om my sien ek net seer.
Liewe Heer hoe op aarde bly ‘n mens staande in so ‘n gebroke wêreld vra ek
hardop ?

Nog en nog ‘n egskeiding, buite egtelike verhoudings, mishandeling, slaan, skel, skreeu en vloek…….
Nog en nog kinders wat hierdeur geraak en geknak word. Tussen dit alles deur moet hulle kind wees, skool gaan en worstel om uiteindelik die “regte” pad te kies …hoeveel kry dit nie reg, en wat word van hulle ?

Vir iemand wat daar was, maar vandag as buitestaander, besef ek net weereens hoeveel mense, ouers, vriende, familie, kollegas en kennisse daardeur geraak word.

Almal wil help, want almal kry seer en almal verloor !!

Magteloos staan ons – en ek dink aan iets wat iemand eenkeer gesê het:

“Ek het gesoek na ‘n gelukkige einde. Ek kon nie een kry nie, nou vat ek maar ‘n nuwe begin”.

Print Friendly, PDF & Email