GHOLF-BORGDAG

article-pic-1

Choices, Trio en H&A Create het ‘n gholf-borgdag die 22 ste Oktober by Riversdal Gholfklub gehou. Daar is besluit om alle winste te skenk aan Voorwaarts Primêr.
Die dag was ‘n groot sukses met 40+ inskrywings. Die borge het gesorg vir kos en ‘n natgat vir al die spelers asook ‘n groot verskeidenheid pryse. Elke gholfspeler het ‘n prys gekry en daar is ook ‘n “lucky draw” gehou met die oorblywende pryse.
Choices het onder andere ‘n TV geborg as ‘n ”mystery price” maar met die goeie gesindheid van die gholfspelers is die televisie opgeveil ten einde meer fondse aan Voorwaarts te skenk.
Choices is ‘n gewilde meubelwinkel in Riversdal en daar is besluit om Voorwaarts te ondersteun aangesien baie Choices kliënte, se kinders hierdie skool bywoon. Die eienaars Hannes en Daphne wou op die manier aan die gemeenskap teruggee
Trio se koffiewinkel deel is betrek om die kos te borg, asook om ‘n bydra tot pryse te maak.
H&A Create is ‘n klein “Laser-cut” besigheid wat begin is deur Annelie Bester in Riversdal. Choices, Trio en H&A Create is familie besighede wat goedere en dienste aan Riversdal en omliggende gemeenskappe lewer en graag by die gemeenskap betrokke raak.

Die volgende borge het bygedra tot die dag se sukses:
Phoebe van Beauty Spot
Shirley van Hair Shack
Oupa Jackson
Neil Bredenhann van Bredenhann Juweliers
Pieter en Annemie van Instant Cash
Henties Sappe
Nestle
Volgende jaar sal daar weer ‘n gholfdag gehou word deur Choices, Trio en H&A Create.