PALISSANDER CHAMBER CHOIR

Koor

Die Palissanderkoor, een van Suid-Afrika se toonaangewende kamerkore, bring ‘n verassingsbesoek aan Stilbaai. Die Stilbaai Musiekvereniging kon gelukkig daarin slaag om op baie kort kennisgewing die optrede te reel. Die enigste moontlike tyd vir die optrede is nou gereel vir  Palissander-koor is ‘n internasionale erkende onafhanklike amateur-koor wat in 1992 gestig is en tot dusver met groot sukses opgetree in Kanada, Noorweë, Denemarke, Nederland. Kenia, Frankryk, Italië, Duitsland en Spanje. Die koor se kernwaardes is passie, oorvloed, vreugde, respek en aanvaarding.
Die koor se hoogs begaafde en gekwalifiseerde dirigent is vandag nog steeds Sarita Hauptfleish, wat die koor gestig het met die doel om sielsmusiek te maak. Dit het daartoe gelei dat die koor sowel plaaslik as internasionaal ‘n ambassadeur vir liefde en vrede geword het. Palissander doen dit deur die gehoor nie slegs op die musikale vlak nie, maar ook op die intellektuele en emosionele vlak te betrek deur middel van programme met sentrale temas. Hierdeur word die kooruitvoering tot ‘n spirituele ervaring omskep. Palissander se 2016-tema, “Deur die oë van ‘n kind”, daag elkeen van ons uit om die moed te hê om te droom soos toe ons kinders was, om te glo dat hierdie drome waar kan word, en om toe te laat dat ons harte ons die weg wys.
Palissander assosieer homself met organisasies wat omsien na weeskinders en kwesbare kinders. Kwesbare tieners, saam met hulle maatskapike werker, vergesel die koor gereeld op oorsese toere. In 2006 het die koor die Suid-Afrikaanse Koorvereniging se toekenning vir die beste bydrae tot die gemeenskapsontwikkeling deur middel van koormusiek ontvang.
Palissander het tot datum agt CD’s vrygestel. Die koor is in Pretoria gebasseer en het tans 27 lede.