STILBAAI GROET KOBUS GOUWS

Stilbaai groet Kobus Gouws met leedwese.
Stilbaai neem met hartseer afskeid van Kobus Gouws wat Sondag in die vroeë ure tuis oorlede is. Daar word vermoed dat hy ’n massiewe hartaanval gehad het. Vorige kollega’s en vriende van sovêr as Namibië waar hy en sy vrou Carol voorheen gewoon het, het met skok en leedwese op die nuus gereageer.
As ‘’n man met sterk morele waardes en integriteit is Kobus wyd gerespekteer vir hierdie eienskappe en sy passie vir onderwys. Saam met Carol het hy diep spore nagelaat in Namibië waar hy aan die Ministerie van Onderwys en Kultuur verbonde was as onderwys-spesialis. Hulle het ook aan die hoof gestaan van die Kinderhuis in Windhoek. Innige meegevoel aan Carol en hulle kinders asook familie. Mag God in sy genade die familie toevou in Sy arms met troos.
Die gedenkdiens was Donderdagoggend vanuit die NG Kerk in Stilbaai.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply