VERJAARSDAGWENSE AAN BABS VERMAAK

Tannie Babs Vermaak het Maandag haar 99 ste verjaarsdag gevier. Sy het die dag deurgebring saam met vriende en familie. Sy is op 15/08/1917 gebore en het voor sy Stilbaai toe getrek het onder andere in Germiston, Gauteng gebly en woon al 18 jaar in Stilbaai. Tans bly sy by haar seun Johnny in Bessiestraat. Tannie Babs het 3 seuns in die wêreld gebring waarvan twee nog lewe. Dit is Johnny wat saam met haar op die foto verskyn. Dit is ’n voorreg om haar te ken en heerlik met haar te gesels.Ons wens u graag baie geluk met hierdie mylpaal in u lewe. Mag u baie liefde en seën in die toekoms ervaar.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply