WYNFUNDI

Wynfeite:
1. ‘n Mooi wynversameling in jou kombuis mag dalk mooi lyk, maar dit is nie noodwendig ‘n goeie ideenie. Die hitte kan die wyn se kwaliteit beïnvloed. Hou jou wyn eerder onder in ‘n koel, donker kas.

2. ‘Cheers!’ is seker wêreldwyd die bekendste manier om ‘glasie te klink’. Hierdie is nie net ‘n oulike gewoonte nie, maar dateer honderede jare terug. Baie mense glo dat dit by die Grieke ontstaan het. Hulle het hulle glase teen mekaar gestamp met die idee dat van die wyn sal oorspat. So kon hul verseker wees dat hulle wyn nie gif in het nie. Daar is wel bewyse dat hierdie gewoonte jare voor die Grieke reeds in gebruik was. Daar was geglo dat die geluid van die bekers wat teen mekaar stamp, bose geeste sal verjaag. Tot vandag toe is daar nie bewyse van waar die cheers-gewoonte werlik ontstaan het nie.

3. In anitieke Rome was vroue verbied om wyn te drink. Indien haar man haar sou vang wyn drink mag hy haar wettiglik doodmaak.

4. Die wêreldkampioen om wyne uit te ken (deur slegs te ruik aan die wyn) was toegeken aan Richard Juhlin in 2003. Hy kon 43 uit 50 herken terwyl die naaswenner slegs 4 kon uitken.

5. Hoekom is wyn rooi, wit of pienk? Meeste witwyne word gemaak van druiwe met groen of geel doppe. Donker druiwe kan ook vir witwyn gebruik word indien die sap vroeg genoeg van die doppe geskei word terwyl dit in kontak bly met die druifdoppe gedurende die fermentasieproses om sodoende rooiwyn sy kleur te gee. Pienk wyn of rose soos ons dit ken word vinnig in kontak gebring met die druifdoppe voor fermentasie. Rooiwyn kan ook by die witwyn gegooi word om die pienk kleur te gee.

6. Wetenskaplikes vermoed dat chemiese stowwe in rooiwyn (polifenole) ’n chemiese stof onderdruk wat bloedvate laat vernou. Alkohol word ook oor die algemeen verbind met hoër vlakke van sogenoemde goeie cholesterol. Dit verminder ook stowwe wat bloedklonte kan veroorsaak. Enige voordele wat alkohol inhou, kom blykbaar van klein hoeveel-hede wat in die loop van die hele week gedrink word, en nie ’n groot hoeveelheid wat op een aand gedrink word nie.
7. Een ton druiwe maak om en by 720 bottels wyn. 😉
Johannie Vermeulen – Stilbaai Kelders

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply