BEKENDE EKOLOOG, KOM BESOEK STILBAAI

IMG_20160813_0001
Die BUSY LIZZIE HUIS EN TUINBOUKLUB STILBAAI is ‘n groep inwoners van Stilbaai en Jongensfontein wat elke derde Dinsdagoggend van die maand bymekaar kom oor ‘n koppie tee. Sprekers wat kenners is van tuinbou aangeleenthede asook in en om die huis,kom spreek ons toe by die
byeenkomste. Die gebruik is om een maal ‘n jaar ‘n funksie te hou om fondse in te samel vir Huis Stilbaai (die huis virbejaardes) en Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum. ‘n Bekende spreker wat ‘n kundige op sy/haar gebied is word dan uitgenooi om die funksie by te woon en ons toe te spreek. Daar word’n toegangs donasie om die funksie by te woon gehef en sodanige donasies word dan verdeel as skenkings aan die genoemde twee instansies. Albei hierdie instansies is aangewese op hulp van die inwoners van die dorp of stad waar hulle die broodnodige dienste lewer.
Vanjaar het die klub Dr Dave Pepler, bekende ekoloog vanStellenbosch,uitgenooi om ons toe te spreek. Die funksie is die aand van 13September om 18h30 nm vir 19h00 en word aangebied in die gemeenskapsaal vanStilbaai. Hierdie funksie word juis in die aand aangebied om mense wat werk,ook die geleentheid te gee om dit by te woon. Dr Pepler gaan ook sytoespraak toelig met foto’s watin die aand beter sigbaar is as in diedaglig. Boesman Keyser sal sorg vir ligte saxofoon- musiek terwyl die gasteaankom asook terwyl die gaste die ete geniet.
Hierdie is ‘n gemeenskapsprojek en belangstellendes word versoek omasseblief die kaartjies vroegtydig te koop. Geen kaartjies sal by die deurete koop wees nie. Die klub moet die besoekers-getalle op die laatste teen 31Augustus vir die spysenier deurgee. Die kaartjies kos R150.00 pp en iswaarlik goeie waarde vir die prys. Die doel is om die funksie sobekostigbaar as moontlik vir almal te maak.Daar is egter net plek vir 250 mense. Om teleurstelling te voorkom kan enige van die persone gemeld op die
advertensie, asook ander lede, gekontak word vir kaartjies.

‘n Volledige driegang-ete word bedien gedurende die funksie. Dit gee die
spreker die geleentheid om sy toespraak aan te pas tussen onderwerpe soos hy
goeddink. Die klub sien uit na die voorreg om Dr Dave Pepler op Stilbaai te
ontvang.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply