KOM TRAP SAAM MET BALEIA-WYNE!

Untitled-1

Op Saterdag, 3 September, vind die heel eerste Baleia Wines-bergfietsren vanaf hul wynkelder net buite Riversdale plaas. Bergfietsryers kan kies uit drie afstande: 20 km, 40 km en 88 km met die roete wat fietsryers vanaf Riversdale in die rigting van Albertinia en terug neem.
Ryers sal tussen wuiwende groen en geel landerye trap en die natuurskoon in dié gedeelte van die Hessequa-streek, kan maklik veroorsaak dat daar vir ‘n fotosessie gestop kan word. Daar is heelwat goeie grondpaaie asook enkelpaadjies op al drie die roetes en volgens die organiseerders en die roetedirekteur, Riaan Moag, het dié ren ‘n gemiddelde moeilikheidsgraad.
Baleia Wines se wynmaker, Abraham de Klerk, is ‘n kranige bergfietsryer terwyl die grondeienaar, Fanie Joubert, se seun (Jan-Hendrik) wat saam met sy pa (Fanie) boer, boonop ook ‘n kranige langafstandatleet is.
Baleia Wines se wingerde is in die Vermaaklikheid-omgewing tussen Riversdale en Jongensfontein terwyl die kelders langs die N2 net buite Riversdale is. La Bella Deli en Restaurant is langs die wynkelders en ryers en hul gesinne en families sal dié dag op groen grasperke hier kan ontspan.
Daar sal heelwat aktiwiteite vir die kinders ook wees. Baleia se wyne asook hul olyfprodukte sal by by die proelokaal geproe word.
Die 88 km-ren se inskrywingsfooi is R200 en ryers spring 8:00 weg; die 40 km (R140) spring 8:15 weg terwyl die 20 km-deelnemers R80 betaal en om 8:30 wegspring. Ryers wat aan die 40 km- en 88 km-renne deelneem en nié oor ‘n CSA lisensie beskik nie, sal ‘n tydelike eendaglisensie (R35) by die ren kan uitneem.
Al die inligting oor die wedren asook die inskrywingsvorms is beskikbaar by www.baleiawines.com. Inskrywings kan die dag vóór die ren by Baleia Wines se kelders gedoen word asook die oggend voor die wegspring. Heerlike pryse kan gewen word.

A First Ever for Baleia Wines:
The first ever Baleia Wines mountain bike challenge is taking place on Saturday, 3 September, from the Baleia Wines cellars just outside Riversdale next to the N2 on the way to Albertinia. There are three distances – a 20km, 40km and 88km – and racing starts at 8:00. The route will take riders in the direction of Albertinia and they can expect to ride on good gravel roads as well as some jeep tracks.

All the information about the routes as well as entry form is available on www.baleiawines.com

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply