PROJEK HANRI

Ek & Ma & Tommy

Soos die seisoene verander weet ons dat Lente om die draai is, maar dat dit nog koud is, is ’n realiteit. Die kaggel word aangesteek, die elektriese kombers word aangeskakel en ons klim knus onder die komberse in. Nie almal is so gelukkig nie. Daarom is dit wonderlik as ’n mens op ‘n dag terwyl jy deur jou epos briewe gaan of op face book gaan snuffel, ’n versoek kry wat nie net op die groot donasies konsentreer of staatmaak nie. Wat jou vertel dat selfs afvalwol ’n verskil kan maak.
Hannelie en Rina Pretorius stel dit baie duidelik, sommer met die intrapslag, dat hulle ‘n nie geregistreerde nie-winsgewende organisasie is , maar dat hulle liefde in hierdie geval diere, dien as aansporing vir die projek wat hulle aangepak het.
Hierdie ma en dogter-span van Riversdal, neem hul liefde vir diere, daardie viervoetige spesie wat in die meeste gevalle ’n baie geliefde familielid word in ons huise, baie ernstig op en het die volgende versoek om bystand vir hul projek, gerig.
Ek en my ma (Hannelie & Rina = HanRi) maak hoofsaaklik kombersies, wat ons dan aan diere instansies/organisasies soos die DBV (SPCA), CARS, diere-skuts (“animal shelters”), diere hospitale en ander instansies skenk.
Skenkings is welkom:
Wol – selfs afval en “reject” wol is ook aanvaarbaar, maak nie saak hoe klein die stukkie(s) wol is nie. Ons gebruik elke stukkie as dit te klein is vir die hekel / brei / “loom” van ‘n blokkie, gebruik ons dit om die blokkies aanmekaar mee vas te werk. Enige wol is welkom en die dikte maak ook geensins saak nie en die soort/tipe wol maak ook nie saak nie. Jy kan selfs ou wol items (bv. ‘n ou trui) lostrek en vir ons daardie wol stuur.

Klaar gebreide/gehekelde/”Loom” blokke – Die grootte van die blokke wat ons gebruik is naamlik 20x20cm groot, MAAR DIT HOEF NIE PRESIES SO GROOT TE WEES NIE. As die blokke wat jy beskikbaar het nie die grootte is nie, moenie bekommerd wees nie, ons sal dit nog steeds kan gebruik. Die patroon en die dikte en die soort wol wat jy gebruik maak GEENSINS saak nie – ons gebruik ALLES!!! Ons werk self die blokke aanmekaar, sodat ons net een standaard grootte het vir katte/klein hondjies en vir groter honde en vir ander diere het.

Ons gebreide & gehekelde diere kombersies
Vir meer oor die HanRi Dierkos- & Kombersie projek: 078 334 0389

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply