STILBAAI ROLBALKLUB

Foto Rolbal ClubMike en Louise Steytler baie bly die bod is op hulle toegeslaan

TERUGVOER VAN DIE “MID WINTER DANS” – DIT WAS ‘N REUSE SUKSES
Baie dankie aan Stilbaai se besighede en borge van buite wat ruim bygedra het in die vorm van geskenke en geskenbewyse. Baie dankie ook aan die publiek van Stilbaai en lede van die rolbalklub se bydraes tot ‘n baie suksesvolle fondsinsamelings projek.
Die fondse word gedeeltelik aangewend vir ‘n nuwe 90cm stoof met gas branders en elektriese oond asook opknap van ons kombuis kaste. Die res van die fondse gaan vir instandhouding van ons bane.
Die mense wat die dans bygewoon het wil ons bedank vir hul opkoms en dat hulle entoesiasties deelgeneem het aan die veiling op geskenke van ons borge.
Almal was dit eens dat Duncan van Nerd Alert heerlike musiek verskaf het, Mengelmoes se kos was heerlik en die aanwesiges het dit terdeë geniet.

Sonja Kleynhans wen 2de prys van Lucky Draw

Sonja Kleynhans wen 2de prys van Lucky Draw

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply