DIE LEWE IS ‘N SPEELTONEEL

article-pic-1

Bostaande is die Afrikanse weergawe van Shakespeare se beroemde “All the world’s a stage”. Die leerders van Wim Vorster Toneelskool, Heidelberg het so ‘n tydjie gelede ’n baie suksesvolle aanbieding van Skrikkel gehad. Hulle ouderdomme wissel van 8 tot 12. By navraag oor wat die aand en die toneelonderrig in die algemeen vir hulle beteken, het hulle as volg geantwoord –

Anthony Kluyts: “Die aand was vreeslik lekker. Drama help my om my stem en my persoonlikheid te projekteer. Ek geniet dit baie om deel te wees van hierdie groep.”
Corné Malherbe: “Wim en die drama help my met my praat (spraak). Die konsert was snaaks en die mense het gelag.’
Daniël Malherbe : “Ek leer makliker praat en ook beter Afrikaans praat. My skool mondeling het baie verbeter. Die samewerking in die groep is lekker.”
Hilé du Plessis: “My mondeling het ook baie verbeter. Ek het baie meer selfvertroue en is nie meer skaam om te praat nie.”
Magli Louw: “Na al die repetisies en geoefen was dit so lekker om voor ’n gehoor op te tree. Ek was op my senuwees, maar konsentrasie het my gehelp. Ek het die gedigte wat ons voorgedra het ook geniet.”
Nicolé Louw: “Drama help my om te ontwikkel. Dit is spanwerk, maar elkeen van ons kry op ons eie aandag en kan so beter word.”
Pieter Dell: “ Drama het my gehelp met my spraak. Eintlik het die drama my lewe verander, want ek het nou vertroue. Skrikkel was ’n lekker ervaring.”
Rayn Kluyts: “Skrikkel was vir my snaaks. Al ons rolle was ewe groot. In die dramaklas en op die verhoog kan ek my uitleef.”
Sias Blignaut: “Hierdie klasse by Wim help my konsentreer. Ons het ook klomp pret.”

fotoWat akteurs en die regisseur nie weet nie, is dat ons op “Face book gaan loer het na die vertoning om te sien wat die gehoor van die projek gedink het en die kommentaar wat gelewer is.
1. Wow!
2. En die blom het regtig oopgegaan. Andries (blomontwerper en vervaardiger) jy is enig in jou sort om sulke goed te laat werk.
3. Pragtige storie, Wim!!! Geluk aan die kids.
4. Ons het gehoor dit was ‘n “stunning” konsert.
Bedankings is gerig aan Louise Kluyts wat die blom versier het, Andries Kluyts, die dames van die Heidelberg biblioteek en al die akteurs en die gehoor.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply