Reën keer nie bergfietstrappers

foto

Verskeie bergfietsryers van Stilbaai, Riversdale, Heidelberg en die Hessequa-omgewing het die reënweer getrotseer om aan die heel eerste Baleia-wyne-bergfietsren, wat net buite Riversdale by Baleia-wyne se kelders aangebied is, aan te pak. Die nat weerstoestande en gepaardgaande modderige roetes was egter die rede hoekom heelwat ryers besluit het om eerder nié op Saterdag, 3 September, aan dié ren deel te neem nie.article-pic-1

Omrede daar vóór die ren heelwat inskrywings ontvang is en ryers van sover as Oudtshoorn en die Kaap bevestig het dat hulle wél gaan deelneem, het die renorganiseerders ná deeglike oorweging besluit om wel met die ren voort te gaan en met die meeste van die 65 ryers wat wél aan die 20km en 40km-afstande deelgeneem het (die 88km-roete is gekanselleer), wat dit tóg geniet het.
Een van Stilbaai se voorste sjefs, Rhona van Heerden, moes weens ‘n stukkende ‘jockey’ die handdoek ingooi terwyl Johann Voss se fiets ook vroeg reeds as gevolg van die modder onklaar geraak het. Herman Moolman het egter die 40km-roete voltooi en was 20ste in die mansafdeling.
Drie Riversdale-ryers het op die onderskeie podiums geëindig – Lizelle Cloete was die eerste dame tuis in die 40 km-ren; die Oakdale-leerling, Pieter Janse van Rensburg (hy is van Heidelberg) was tweede in die 20km-mansafdeling gevolg deur die jong Volschenk-leerder, Johann Thiart, derde. Mandie Zietsman was derde in die 20km-damesklas.

Besoekers kon deur die dag van Baleia-wyne se wyne, olywe en olyfolies proe terwyl
La Bella Deli & Restaurant asook die Riversdalge-gemeenskap, heerlike eet- en drinkgoed voorsien het en ‘n heerlike atmosfees geheers het. Abraham de Klerk, wat óók deelgeneem – én klaargemaak het – het ná die ren gesê dat hulle beslis volgende jaar wéér die ren gaan aanbied terwyl hulle beplan om om ook ‘n hardloopren in die omgewing aan te bied.
Die ren is moontlik gemaak deur Rola Ford Riversdale; SPAR Riversdale; Riversdale Apteek en Pam Golding Stilbaai.

p-5-cut

Ryers kan intussen ook die Stilbaai-bergfietsren, wat vir die derde keer in 2017 aangebied word, op hul kalenders aanteken. Dit vind op 15 April 2017 plaas en sal weer uit ‘n kort- en middelafstand- asook ‘n langer ren bestaan. Inligting op www.stilbaaimtb.co.za

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply