ROLBAL BEDRYWIGHEDE

article-pic-1

Die jaarlikse Mannedag wat plaasgevind het op 8 September, is baie goed ondersteun deur buiteklubs. Spelers het van so ver as Swellendam, Heidelberg, Riversdal, Hartenbos en Mosselbaai gekom en sterk kompetisie was aan die orde van die dag. Vanjaar het die 3 manne van Hartenbos as wenspan geseëvier, met die spanne van Dougie Yazbek en Len Kruger (albei van Stilbaai) onderskeidelik 2e en 3e.
Stilbaai Rolbal het groot waardering teenoor die plaaslike OK Grocer, wat mildelik geborg het en geskenke aan die top-drie spanne voorsien het. Intussen is die plaaslike klub hard besig om hulle vere reg te skud vir die jaarlikse Stilbaai Classic, wat vanaf 20 tot 22 Oktober (3 dae) aangebied word. 8 Buite-spanne het reeds ingeskryf en die res van die baan word volgemaak deur Stilbaai se eie spelers.  

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply