BUSY LIZZIE HUIS- EN TUINBOUKLUB

article-pic-1

Die jaarlikse fondsinsamelings funksie gereel deur die Busy Lizzie Huis-en Tuinbouklub Stilbaai ten bate van Huis Stilbaai en Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum, was vanjaar die aand van Dinsdag 13 September. Die gemeenskapsaal van Stilbaai was volgepak met 247 gaste. Die keurig gedekte tafels vir die driegang maaltyd was prentjiemooi. Dave Pepler se vertellings aan die hand van fotos op ‘n groot skerm was insiggewend en met humor belaai.  Groot dank aan al ons borge. Sonder julle onderskye bydraes sou ons nooit hierdie projek kon aanpak nie. Dit het die inwoners van Stilbaai die geleentheid gebied om ‘n wonderlike aand van vertellings van Dave Pepler te geniet. Belangrikste van alles is dat die  Bussy Lizzies weereens ‘n noodsaaklike bydrae kan maak aan beide Huis Stilbaai en Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum. Die ander fotos volg. Die vol saal gaste, asook Boesman Keyser wat gesorg het vir die saxofoonmusiek.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply