STILBAAI BUURTWAG

article-pic-1

Die Stilbaai Buurtwag doen ‘n beroep op alle inwonders om paraat te wees gedurende die komende skoolvakansie asook wanneer hulle die sakesentrums besoek. Hou persoonlike items soos handsakke, beursies en selfone onder oog. Ons vra die inwonders om enige verdagte persone of situasies aan Stilbaai Polisie te rapporteer. Ons wil ook van die geleentheid gebruik om die Buurtwag struktuur aan u voor te lê. Die dorp is opgedeel in area blokke en word bestuur deur ‘n hoof koördineerder, mnr. George Sebbagha. Elke blok het dan ook sy eie koördineerder wat aan mnr. Sebbagha rapporteer. Dit is van kardinale belang dat elke Stilbaai inwoner homself vergewis van die blok waaronder hy/sy val, wie die koördineerder is en wat die koördineerder se kontaknommer is.
Alle navrae kan gerig word aan mnr. George Sebbagha op (083) 650-7430.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply