STILBAAI-MANNE OM OP TROTS TE WEES.

Foto

’n Mens kyk na die foto, wil net digterlik raak met Jan F Cilliers en met jou beste voetjie voor ” Stil broers, daar gaan ‘n man verby”. Dan lees jy ‘kickboxing’. Eina algaande ‘lees’ mens.
So slaan jy die hande saam en wonder watter talentvolle mense jy nog in Stilbaai gaan ontdek.
Ons kan opreg trots wees op Riaan Gelderblom en Dolf de Jager wat vier van die moontlike nege medaljes huis toe gebring het na hul welslae by die “South Coast Kickboxing Challenge” wat onlangs in Oudtshoorn plaas gevind het. Dit in ’n snikhete temperatuur van 37 grade.
Gelderblom het goud gewen in die “light contact-” en silwer in die “kick-light”- afdelings. Dolf de Jager het skoonskip gemaak met silwer in die “light contact”- en brons in die “semi contact”- items.
Wat De Jager se prestasie nog meer indrukwekkend maak, is dat dit sy eerste skopbokskompetisie-optrede was.

Riaan gee klasse op Stilbaai by die “Brother Combat Institute”. Belangstellendes kan hom kontak op 082-686-9928 of epos: gelderblom.riaan@gmail.com.
Inderdaad “Stil broers, daar gaan ‘manne’ verby”…… Stilbaai is trots op julle!