BEDANKING AAN SAKEKAMER

foto-2

Baie dankie aan Anel Marais vir haar onlangse brief aan die Sakekamer.
Ek wil graag vanoggend ‘n lansie breek vir ons kontrakteurs en werk spanne daar buite.Voltooide oppervlakke en areas se werk in die dorp is van baie goeie gehalte.
Baie dankie vir die ekstra myl wat jul stap in moeilike omstandighede.
Om kniediep in modder te staan en graaf swaai tot jou rug breek en jy nie meer jou hande kan voel nie, is nie grappies nie.Om alles te los om “krisis-beheer”in ‘n ander area te gaan doen, neem beplanning.Baie van die werk gebeur snags in die donker.
Instandhouding opsigself is klaar ‘n uitdaging.Maar gooi jy siviele-..elektriese-..telekommunikasie en netwerk kabels in die spesifikasies, raak die kopseer groter.
Mens kan ongelukkig nie alles wat begrawe is dadelik met teer herstel nie…
Verder is daar die kwessie van verkeerbeheer..personeel veiligheid..waterdruk..Spits-verbruikers-ure ..Besigheids eienaars….(EN die begroting!)..Om van Jan Publiek nie te praat nie.
Ja..daar is maar altyd ‘n mate van frustrasie.
Maar….Ek daag almal in die gemeenskap uit om meer verdraagsaam te wees asseblief.
Ekstra dankie aan die skakelbord- en administratiewe personeel agter die skerms wat oproepe en klagtes hanteer..Tydelike werkers oplei..veigheids klere bestel..toerusting in stand hou..
Ons sĂȘ dankie aan die pesialiste ? wat tog tyd kry om ons Slapende Skoonheid se plooie uit te stryk.
En lig jou hoed vir’ n Munisipaliteit wat nog verantwoordelik optree en doen wat gedoen moet word!!
Veral aangesien normale dienslewering aangaan.En daar reeds spanne besig is om grond paaie, publieke areas en parkeer areas te skraap en reg te kry vir die vakansie besoekers.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply