BLOUVLAGSTRANDE 2016

article-pic-1

Die blouvlag bekenstellingseremonie het plaasgevind 07 Oktober 2016. Wildlife and Environment Society of South Africa (WESSA) ken die blouvlag status toe tydens die seremonie, wat aangebied word deur die Minister van Toerisme Mnr. Derek Hanekom.

Die hoof kriteria waaraan blouvlagstrande moet voldoen is:

Waterkwaliteit.Omgewingsopvoeding en informasie. Omgewingsbestuur wat byvoorbeeld toegang tot sensitiewe areas insluit. Veiligheid en sekuriteit.

Munisipale Bestuurder Mnr. Johan Jacobs noem: “Afgesien van die vereistes waaraan blouvlag strande moet voldoen, is die blouvlagprogram ook ʼn groot werkskeppings projek. Die doel van Blouvlagprogram is om die gemeenskap te dien en ons kusgebiede te bewaar.”

Blouvlagstatus word toegeken aan strande wat uitblink in die velde van veiligheid, netheid, voorsiening van geriewe en instandhouding van die omgewing standaarde. Die status dui daarop dat die strande skoon is, beskik oor voldoende ablusiegeriewe, parkering, omgewingsvriendelik en veilig is om te besoek asook voldoen aan internasionale veiligheid en toerisme standaarde.

Hessequa Munisipaliteit spog met vier volstatus en twee loodsfase blouvlag strande. Lappiesbaai en Preekstoel te Stilbaai, Witsand en Gouritsmond het volle blouvlagstatus verwerf en ontvang Jongensfontein en Stilbaai-Wes beide loodfase.
Hessequa se blouvlagseisoen sal strek vanaf 8 Desember 2016 tot 10 Januarie 2017.

Lappiesbaai is vereer met hul 12de agtereenvolgende jaar in die blouvlagprogram en Witsand spog met ʼn sewe jaar status.
Uitvoerende Burgemeester Raadslid Grant Riddles noem dat die blouvlagprogram ʼn groot invloed uitoefen op die Hessequa-streek se toerisme en plaaslike ekonomiese ontwikkeling. “Vele werksgeleenthede word geskep vir lewensredders, sekuriteitsbeamptes asook “Coast Care” werkers tydens die blouvlagseisoen. Die bevordering van werkskepping binne die plaaslike gemeenskap is van groot belang vir die Hessequa Raad.

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply