FAMILIE BYEENKOMS

article-pic-1

DIE HUISKRING VOLTALLIG NA 24 JAAR. Die Van der Merwe-gesin van Stilbaai het onlangs met Ma Petra se verjaarsdag ‘n uitsonderlike gebeurtenis gevier. Vir baie van ons is dit so vanselfsprekend om as gesinne saam te kuier, maar vir die eerste keer in 24 jaar, kon André en Petra saam met al drie hulle kinders om die tafel kuier.

Dit was ‘n blye weersiens vir die oudste, Paul, wat die afgelope 22 jaar in Christchurch, Nieu Zeeland woonagtig is, Sonja, hulle dogter wat woon en werk in Pretoria en ook Pierre, woonagtig met sy gesin in Kaapstad. Sekerlik die grootste geskenk wat enige Ma kon vra! Vir ure is daar onophoudelik gesels en geskerts en die gesin het selfs met 2 kano’s met die Goukourivier opgevaar en die pragtige natuur wat net Stilbaai kan bied, ingedrink. Kosbare familietyd is ingehaal en daar sal sekerlik nog baie lank terugverlang word na die naweek van 17 September 2016.

Ons mooiste wense aan jou Petra, vir ‘n baie geseënde jaar!

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply