GOLIATH DAVIDS

article-pic-1Goliath Davids se nalatenskap word gevier.
Soos lesers nou hier besig is om te lees vind Die Goliath Davids/Hessequa Toneelfees vir primêre en sekondêre skole in Heidelberg plaas. Die fees het reeds Woensdag 12 Oktober
Afgeskop en hou tot Vrydag 14 Oktober aan. Op Saterdag 15 Oktober word die wenners in die verskillende kategorieë aangekondig. Hierdie aand staan bekend as “A Day at the Oscars”.

Dit sal die eerste keer wees dat ‘n dramafees van die formaat op Heidelberg sal plaasvind.
Skole binne die Hessequa streek is al vir weke besig om te slyp aan produksies vir hierdie geleentheid. Met die hulp van ‘n groep vrywilliges van die “Goliath Davids Legacy Project” was produksies rigting gegee en was opleiding verskaf aan aspirant regisseurs en akteurs/aktrises van deelnemende skole.
Met die samewerking van die Hessequa Munisipaliteit, die Toerisme sektor en die ATKV sal hierdie fees ‘n jaarlikse instelling op die dorp en streek se Kunstekalender word.

 

Met hierdie Toneelfees bevestig Heidelberg weereens sy status as teelaarde en “Mekka” vir die Kunste.
Na die prestige prysuitdelingsgeselligheid wat om 5nm in die stadsaal plaasvind, word ‘n vertoning aangebied .
Vinette Ebrahim(Charmaine van 7de laan) sal te sien wees in die verhoogstuk “INVISIBLE”. Die vertoning begin om 7:30nm. Daar is gerugte en dit gons dat iemand wat net soos Charmaine lyk die vertoning gaan kaap! Gelukkig het ons baie streng sekuriteit gereël vir Saterdag 15 Oktober.

Die toegang vir “INVISIBLE” is R100 en R60 vir skooliere(IN SKOOLDRAG). Die wenproduksie van die 2016 Artscape Hoërskole Dramafees ”Geketting” van die Goliath Davids Arts Academy deel die verhoog as voorprogram. Hierdie kaartjies gee toegang vir alle vertonings vanaf 12 Oktober – 15 Oktober.
Behalwe skole/groepe uit die Hessequa omgewing kom deelnemers aan die fees sover as Atlantis, Worcester, Swellendam, Buffeljags en Barrydale.

Besoekers wat oornag tariewe benodig kan teen ‘n spesiale prys vir Charlotte skakel by
Riebens Travel by 028 722 1068. 

 

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply