KUNSTEFEES BY QUESTUS-LIGHUIS

foto-2

Wat ‘n aangename ondervinding was Saterdagaand nie met uitstekende talentvolle musikante wat ons die aand met hul buitengewone talent vermaak het nie! Die musiekfees is ten bate / hulpverlening vir Seesterretjie-Kleuterskool van Melkhoutfontein aangebied, by Questus-Lighuis (ou Gazania).
Questus-Lughuis se nuwe eienaars, die super-talentvolle musikante, David en BrendaThomas, se visie vir hul projek is om ‘n pragtige venue daar te stel vir musiek en kuns. Dis ’n visie waartydens mense sal kan asem skep, die tuine kan geniet en ‘n opbouende belewenis kan ondervind in die teenwoordigheid van die Skepper in die natuur. ‘n Koffie shoppe, ‘n restaurant, konferensie fasiliteite sowel as ‘n gastehuis, is in die aanbou. Uiteindelik sal daar ook ‘n skuur (barnyard) wees waar plaaslike en nasionale opvoerings gehou sal word.article-pic-1
Die geleentheid Saterdagaand, waartydens ‘n aandete ook verskaf is, is aangebied in die knus amfiteater, vanwaar daar ’n asemrowende uitsig oor Stilbaai en die rivier is. Die volgende kunstenaars het opgetree: David en Brenda Thomas; Peter Barrett; Martin Evertse; Madre Hansen en die orkes Simply Smooth, terwyl ‘n gesellige atmosfeer tussen die naastenby honderd gaste geheers het.
See-sterretjie Kleuterskool se doel is om 3 – 5 jarige kleuters van behoeftige ouers in Melkhoutfontein n deeglike skoolgereedheidsbasis te gee om te kan meeding met Kleuters wat ‘n Kleuterskool kon bywoon.

Hierdie was die eerste van baie kunstefeeste wat nog by Questus-Lighuis gaan plaasvind. Voorwaar ‘n groot aanwins vir Stilbaai en die omgewing!

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply