CHRISTLIKE ACADEMY

article-pic-1

Christlike Academy: Sendingete
Donderdag, 3 November 2016 om 18:00.

Gewilde Sendingete om die draai – Koskultuur lê na aan die hart van die mens se geskiedenis.
Dit was grootliks eindelose soeke na noodsaaklike voedsel wat die samelewing se strukture gevorm het en mense laat besluit het om te reis en te verken, wat tot die ontdekking van nuwe wêrelde en nuwe kossoorte gelei het.
Dis presies wat Christlike Academy vir die mense in ons dorp bied – ‘ n aand waar almal die geleentheid kry om die verskillende koskulture en smake te kom ontdek. Hierdie jaarlikse instelling vanaf 2007 is ‘n groot aantrekkingskrag vir baie.

Christlike Academy se sendingete vind plaas op Donderdag, 3 November 2016 om 18:00.
Teen ‘n minimale bedrag van R8 per porsie kan jy jouself geniet tussen die stalletjies van ongeveer 15 verskillende lande se kos-disse. Kom geniet die aand saam met hulle -gaan reis saam na verre lande… proe hul kos… en ervaar hul onderskeie kulture. Almal is welkom.

Vir meer inligting kontak die skool by 028 713 2209.  

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply