STILBAAI ROLBALKLUB

article-pic-1

Stilbaai Rolbalklub: Classic Toernooi
Die lede van Stilbaai Rolbalklub het hard gewerk om weer ‘n sukses te maak van hul jaarlikse Classic Toernooi wat van 20-22 Oktober (3 volle dae) gespeel is. 14 Spanne het meegeding om die gesogte Stilbaai Classic Trofee en rolbal van uitstaande gehalte was aan die orde van die dag, ten spyte daarvan dat stormsterk winde hulle laat les opsê het. 3 Heerlike etes is daagliks vir 56 spelerS voorgesit en daar is baie nuwe vriendskapsbande gesmee. Spelers het vanaf klubs in L’Aghullas, Durbanville, George, Langebaan, Mosselbaai, en Swellendam gekom om deel te neem en selfs die hoofborg van die Toernooi, nl Johann van der Westhuizen van Personal Trust (van Knysna) het ‘n span ingeskryf en uiteindelik 4de geëindig. ‘n Gekombineerde span van Langebaan, George en L’Aghullas het vanjaar met die louere weggestap. Stilbaai Rolbalklub wil graag langs hierdie weg al die borge hartlik bedank wat bereid was om hulle hande diep in die sak te steek. Sonder ons borge sou dit onmoontlik wees om vanjaar vir die 7de keer ‘n suksesvolle toernooi aan te bied.
– Ria Kruger

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply