STILBAAI ROLBALKLUB

article-pic-1

Stilbaai Rolbalklub: Classic Toernooi
Die lede van Stilbaai Rolbalklub het hard gewerk om weer ‘n sukses te maak van hul jaarlikse Classic Toernooi wat van 20-22 Oktober (3 volle dae) gespeel is. 14 Spanne het meegeding om die gesogte Stilbaai Classic Trofee en rolbal van uitstaande gehalte was aan die orde van die dag, ten spyte daarvan dat stormsterk winde hulle laat les opsê het. 3 Heerlike etes is daagliks vir 56 spelerS voorgesit en daar is baie nuwe vriendskapsbande gesmee. Spelers het vanaf klubs in L’Aghullas, Durbanville, George, Langebaan, Mosselbaai, en Swellendam gekom om deel te neem en selfs die hoofborg van die Toernooi, nl Johann van der Westhuizen van Personal Trust (van Knysna) het ‘n span ingeskryf en uiteindelik 4de geëindig. ‘n Gekombineerde span van Langebaan, George en L’Aghullas het vanjaar met die louere weggestap. Stilbaai Rolbalklub wil graag langs hierdie weg al die borge hartlik bedank wat bereid was om hulle hande diep in die sak te steek. Sonder ons borge sou dit onmoontlik wees om vanjaar vir die 7de keer ‘n suksesvolle toernooi aan te bied.
– Ria Kruger

WANTED: SPORT ENTHUSIASTS

article-pic-1

Duhne Liebenberg is currently busy with her Sport Massage Studies and she needs to do practical hours with sportsmen and –women. (Running, Cycling, Surfing, Swimming, Netball, Tennis, Rowing, Rugby, Gym etc.)
Sport enthusiasts of any age, taking part in the above disciplines, interested in a free massage or an assisted stretching session and who are preferably not existing clients of Namo Natural Health, are welcome to contact Duhne as she needs to practice assessing a new client.

This offer is only valid until she obtains her qualification. Contact Duhne on Whatsapp 083- 311-9855 or email her on duhne27 @gmail.com

Duhne Liebenberg is tans besig met haar studies in sport-massering en moet in die praktiese modules wat haar tegnieke toets, ge-evalueer word. Sportgeesdriftiges wat deelneem aan enige van die sportdisiplines hierbo uiteengesit, is welkom om haar te kontak vir ’n gratis evaluasie en masseer- of bystandverlening-streksessie. Belangstellendes moet liefs nie bestaande kliënte van Namo Natural Health wees nie aangesien Duhne evaluasies op nuwe sportgeesdriftiges moet uitvoer.

Hierdie uitnodiging is net geldig tot en met sy haar kwalifikasie verwerf het.
Contact/ Kontak: duhne27@gmail.com of Whatsapp haar op 083-311-9855 om ’n afspraak te maak.

HESSEQUA MATRIKULANTE

Matrikulante regoor die Hessequa-streek het die deur die loop van verlede week ekstra ondersteuning en aanmoediging vir hul finale eksamen vanaf die Uitvoerende Burgemeester Grant Riddles ontvang.

“Baie sterkte aan elke student, glo in jouself,
sit die harde werk in en bereik
jou drome vir die toekoms.”

article-pic-1 foto-2