STILBAAI 10 KM 2016

article-pic-1

 

Ons beplan weer om die Stilbaai NSRI 10 km op 31 Desember aan te bied en nooi almal in Stilbaai, inwoners, vakansiegangers en besighede om betrokke te raak by hierdie besondere geleentheid. Vanaf 2006 tot 2015 het die aantal deelnemers elke jaar meer geword, van net meer as 200 in 2006 tot amper 1000 in 2015. Ons hoop om vanjaar die 1000
kerf te bereik! Kyk na ons groei grafiek: Die inskrywingsfooi is ten bate van die Stilbaai NSRI stasie. Die wedloop
word deur vrywilligers gereël, en steun op bydraes van vakansiegangers, Stilbaaiers en natuurlik die NSRI lede. Almal word hartlik uitgenooi om deel te wees en ‘n bydrae te maak, as deelnemer, vrywilliger, of borg. Ons het vrywilligers nodig om te help met advertering van die wedloop, inskrywings, eindpunt bemanning, meet en merk van die roete, waterpunte,
foto’s neem en verwerking van uitslae. Kom meld aan, ons deel graag werk uit! Help asseblief veral met uitdeel van strooibiljette. Ons wil erkenning te gee vir die vinnige atlete en wil graag pryse gee vir verskillende ouderdom kategorie wenners, asook “lucky draw” pryse vir alle deelnemers. Besighede word genooi om geskenkbewyse (of ander geskenkpakkies)
as pryse te borg.
Hierdie is ‘n wen-wen projek. Die deelnemers geniet dit, die NSRI se fondse kry ‘n hupstoot en die Silbaai besigheid borge baat deur Stilbaai nog meer gewild vir vakansiegangers te maak. Natuurlik met ‘n geskenkbewys besoek hulle u winkel! Ons nooi u uit om deel te wees daarvan.

Vir meer inligting, besoek die webwerf www.Stilbaai10km.com
<http://www.stilbaai10km.com/> .
U is ook welkom om my te skakel.
Nico Steenekamp
(Sel): 083 264 3071  

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply