TWEELINGSUSSIES WORD SAAM TAGTIG

article-pic-1

Op 16 November is daar groot makietie gehou .  Barbara Zwahlen van Stilbaai en haar tweelingsussie, Ursula Sittig, wat al die pad van Hartbeespoortdam gekom het sodat hulle twee die spesiale dag saam kon vier, het 80 jaar oud geword. Watter besonderse geleentheid! ’n Tweeling op 80 wat nog saam hul verjaarsdag kan vier !  Barbara en Ursula Von Tyszka het in 1952 saam met hul vader per skip van Duitsland afgekom, toe dit oorlog was en het hulle lewens gevestig in Pretoria, Suid-Afrika.
In 1954 is Barbara getroud met Klaus Zwahlen en het hulle kort daarna in Ficksburg gevestig. Gedurende 1998 het die egpaar in Stilbaai kom aftree en hulle in Palinggatoord kom vestig. Klaus is in 2012 oorlede. Uit die huwelik is twee seuns gebore. Rolf wat tans in Harrisburg, Pennsylvania woon en Karl-Heinz. Laasgenoemde bly in Clarens in die Vrystaat. Daar is 5 kleinkinders, 3 seuns en 2 dogters. Die susters het nog twee sussies, een in Finland en een in Duitsland.
Al die kinders en kleinkinders kon as gevolg van die afstande tussen almal, ongelukkig nie daar wees nie, maar daar is feesgevier saam met die gelukwensings wat van oral-af ingestroom het.

Hessequa Nuus wens Barbara en Ursula net die beste toe vir die toekomspad wat voorlê.

Foto. Barbara Zwahlen (links) en Ursula Sittig.  

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply