DIE NADRAAI VAN DIE VERSWELGENDE BRANDE

 

Die brande wat onlangs in die Hessequa-streek gewoed het,het baie skade
aangerig vir mens en dier. Honderde, duisende rande se skade is aan plase en
besittings aangerig. Die verwoestende brande, aangevuur deur sterk wind,
het noodsaaklike weiding binne minute verswelg.
Talle wilde- en plaasdiere het die geweld nie vrygespring nie.
Twee buitelandse burgers, Daniela Mates en Anna-C Nagel, wat tans
safaritoerleiers in Hoedspruit is, was op besoek in Stilbaaiomgewing toe die
brande uitgebreek het. Hulle het afgekom op ‘n paar skilpaaie wat gevlug
het voor die brande. By nadere ondersoek het hulle gemerk dat die groteres
van hul wonde sal genees, maar hulle was baie bekommerd oor ‘n kleintjie wat
swart geskroei was en gesnak het na asem. Hulle het gehoor van Riversdal
Dierekliniek by omstanders en hul dadelik daarheen gehaas.
Dr Jako du Plessis het die geval hanteer met groot toewyding..
Veeartse in die platteland is bekend daarvoor dat hulle planne moet maak
soos gevalle hul voordoen. ‘n Inhaleerder moes geprakseer word, en soos
McGyver van ouds,het hy gebruik wat beskikbaar was en die nodige medikasie
toegedien om die skilpadjie te help asemhaal. ‘n “Nubulizer” word gebruik
om vloeibare medisyne in ‘n fyn mis om te skep om asemhalingsprobleme te
behandel.
Die safarileiers was oorstelp deur die diens en sorg en ook omdat Dr Jako
toegelaat het dat hulle bystaan met die reddingspoging.
Die skilpadjie is vir ‘n paar dae by die kliniek dopgehou en gemonitor en
nadat Dr. Jako tevrede was dat die behandeling suksesvol was, weer
vrygelaat.
(Irma Huysamer)

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply