FIETSRIT – BEITBRUG NA KASTEEL TE KAAPSTAD

Om julle op hoogte te hou van hoe reëlings vorder.
Die afgelope twee weke het dinge ontwikkel. Met uitsondering van Pietersburg, Potchefstroom, Wolmaranstad en Kimberley het al die ander klubs/groepe reeds bevestig dat hulle deelneem. Wat wonderlik is, is dat fietsryers van Stilbaai die skof van Carnarvon na Williston gaan ry. En Stilbaai is baie ver van Carnarvon af. So ook gaan my groot vriend en uitsonderlike fietsryer en sy vrou van Bloemfontein die skof van Bloemhof na Warrenton ry. Netso ver van hul huis af. Van Warrenton na Kimberley is dit net dames wat die skof aanpak. James se fietsryers van Orania gaan die skof van Hopetown na Britstown ry en Kannetjies van Prieska se groep van Britstown na Carnarvon ry. En hulle almal se huise is ver van daardie skofte af. En baie moontlik gaan ‘n blinde persoon van Pretoria na Carltonville ry.
Nou kan julle verstaan hoekom ek so opgewonde en baie dankbaar is.
Hierbenewens het die radiostasies Pretoria FM en Groot FM 90.5 gesê hulle wil betrokke raak. Reëlings is reeds getref. En op die dag van die Fietsrit gaan ek by die ateljee van Pretoria Fm wees en dan na van die verskillende groep skakel om te hoor hoe dit gaan, wat hulle beleef, hoe ver al gery ens.
Marinda Liebenberg van Vredenburg het/gaan ook reël met ‘n radiostasie in die Kaap. Ook koerante is reeds en nog ander gaan ook betrek word.
Wat die TV betref, het ek kon reël dat Groot Ontbyt komende Maandag 30 Januarie met my sal gesels. Die uitsending sal ± 6:30 of daar rond plaasvind. Word terselfdertyd uitgesaai oor radio Groot FM 90.5 wat gehoor kan word op DSTV Kanaal 820. Kyk of luister gerus na die uitsending.
Wat wil ek graag hê moet gebeur? Omdat die doel is om fietsry nie net as sport maar ook as gesinsvermaak/pret te promoveer, sal dit goed wees as elke klub/groep “Groot” sal gaan. Gee promonensie, betrek ander, kry maatskappye wat sal steun en so ook bemarkingswaarde kry, werf fondse, laat kinders, ouer mense, beginners en enigeen deelneem. Maak dit ‘n PRETDAG.
Van my kant kan ek dit nie doen nie, maar my bydrae is om veiligheid van fietsry te bevorder en dis waarop die gesprek op TV en radio ook sal klem lê. Hieromtrent later meer – ek moet nog bietjie dink en idees kry. En as julle idees het, asb laat my daarvan hoor.
‘n Facebook blad behoort nog hierdie week gereed te wees en ook ‘n logo. Julle kan die logo aanwend soos goeddunk.
En dan is dit ook ‘n wens van my dat hierdie Beitbrug na Kaapstad fietsrit, ‘n jaarlikse instelling moet word. Elke eerste Saterdag van Mei kan dit plaasvind. En Klub/groep kan sommer baie daarmee bereik.
(Johan Oelofse 082 516 0605)

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply