SY DOEN DIT SOWAAR WEER

 

Kyk as jy talentvol is en dit wat jy skep, is bo verwagting goed, dan mag jy maar.
Hannelie Taute het vroeer vanjaar nuus gemaak met haar skepping van ‘n rubberromp, gemaak deur William Mills. Die romp het sy gedra na die uitstalling van haar werk in Pretoria. Sy hou daarvan om met haar “uitrusting” aansluiting te vind by die tema van haar kuns.
Haar medium is kleurvolle borduurwerk op swart rubber en is ’n bekroonde kunstenaar en ontvanger van ’n Kanna-toekenning vir die beste visuele kunsproduksie by die KKNK 2015 asook twee benoemings vir ’n Fiësta-toekenning in 2012 en 2015.
En hier doen sy dit sowaar weer. Sommer in dubbeldoor!
Taute het verlede week die nuus ontvang dat die werke van haar uitstalling “Stink Afrikaners” benoem is vir ’n Kyknet Fiestatoekenning vir die beste visuele kuns- produksie by ’n Kunstefees. Die derde keer! En dit is nie al nie……. Sy is in kennis gestel dat haar werk gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die 2017 Tekstiel Bienniale wat in Nederland by die Rijswijk Museum gehou word. Laasgenoemde is ’n droom wat vir haar bewaarheid word. Haar kommentaar? “2016 was vol asemrowende geleenthede en gebeurtenisse wat haar asem weggeslaan het.” Baie geluk Hannelie!
Tans is van haar werke nog te sien by Knysna Fine Art en tydens die Woordfees wat vroeg Maart in Stellenbosch gehou word, gaan sy deelneem aan twee groepuitstallings. (Irma Huysamer)

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply