HANNELIE GEE OM

Ons wil eerstens net baie dankie sê aan almal, wat skenkings sover gemaak het en daardeur hierdie projek help om voort te kan gaan. Soos julle weet is ons NIE ‘n geregistreerde organisasie NIE; ons is maar net doodgewone mense wat uit die liefde vir ons medemens probeer om ‘n verskil te maak in ‘n behoeftige persoon/gesin se lewe. Daarom noem ons dit ‘n liefdadigheidsorganisasie.

Ons wil baie graag die volgende persone/besighede bedank vir hulle bydraes:
·Leon & Melandie Pretorius
·Enertude George (Thys)
·Lappiesbaai Restaurant (Laetitia de Kock)
·Bellevue Resort (Chrisna Uys)
·Michelle & Elardus Behrens
·Werda Crafts & Dekor (Adri van Vuuren)
·Dolfyn (Gys) Sweiswerke (Gys van Vuuren)

Ons wil ook baie graag die volgende persone/besighede bedank vir hulle bydraes in ons permanente projek “Gebottelde Water Projek” (Sien onder vir meer inligting).

Anoniem van Drieklip = 10 x 6 pakke blikkies Coke (60 blikkies in totaal)
·Elmar Joubert & sy vrou = 1 x 5L water
·Ettienne Swart & sy vrou = 20 x 500ml water
·Huppelland Kleuterskool = 1 x 5L water / 6 x 1L water / 14 x 500ml water / 5 x sjokolades
(Juffrou Irma Kemp)

In die Hessequa area is daar altesame 28 gesinne:
·Albertinia = 10 gesinne
·Gouritsmond = 4 gesinne
·Riversdal = 9 gesinne
·Stilbaai = 5 gesinne
Ons kry gereeld navrae oor waar hierdie gesinne woon of wie hierdie gesinne is, maar ons kan dit ongelukkig nie uitgee nie, want ons probeer sover moontlik hierdie gesinne se identiteite beskerm vir die kinders se onthalwe.

Ons beoog om die volgende projekte as permanente projekte in te stel:
·Kos & Toiletware Pakkie
·Skool-Toebroodjie-Projek
·Gebottelde Water Projek
Blokkies Wol Projek
·Munt-Bottel-Projek
Ons gaan net ‘n klein bietjie van elke projek vertel, maar indien jy graag meer inligting wil bekom is jy meer as welkom om my te kontak, want ons werskaf nog aan hierdie projekte, so daar mag dalk ‘n paar kinkels in die kabels kom.

·Kos & Toiletware Pakkie:
Ons glo nie, ons hoef veel hieroor te sê nie, want die naam sê alles. Enige kos en toiletware is welkom. Ons vertel altyd vir die mense, dit wat jy in jou huis gebruik, dit is ook goed genoeg vir ‘n skenking.
Skool-Toebroodjie-Projek:
Ons het van verskeie skole in Albertinia, Riversdal en Stilbaai verneem dat hulle pouse toebroodjies uitdeel aan minderbevoorregte kinders. Ons wil graag saam met hierdie dames werk en ook namens Hannelie Gee Om ook items soos margarien en ander smeersels (bv. Peanut Butter, Marmite, Konfys en so meer) vir toebroodjies skenk.
·Gebottelde Water Projek:
In die Hessequa-area is daar altyd so baie brande, nie net veldbrande nie, maar brande wat in huise en so meer ontstaan. Die brandbestryders het altyd ‘n groot tenkwa met water, maar daardie water kan die brandbestryders nie drink nie, want dit kom gewoonlik uit rivier of damme uit. Daarom het ons besluit om hierdie projek op die been te bring, sodat daar altyd genoeg voorrade is en dat ‘n mens nie op nommer 99 moet rondskarrel vir sulke items nie. Items wat ons hier benodig is soos volg: Gebottelde water (enige grootte), Koeldrank of energie drankies, Energie of sjokolade stafies, Oogdruppels

·Blokkies Wol Projek:
Ek en my ma het ‘n projek begin verlede jaar genaamd HanRi Diere Kos & Kombersie Projek. Ons hekel blokkies van wol (20cm x 20cm OF A5 grootte). Jy kan ons ook help om blokkies te brei, te hekel of te “loom”. Jy kan die blokkies van enige wol maak en jy kan ook die blokkies enige patroon maak. As jy nie een van die drie kan doen nie, is jy ook meer as welkom om vir ons wol te skenk. Selfs ou wol items wat ons kan lostrek is ook meer as welkom. Die wol kan enige grootte, dikte, lengte, en so meer wees. Indien jy ‘n lys wil ontvang vir watter instansies ons kombersies voor maak kan jy gerus net ‘n e-pos stuur.

·Munt-Bottel-Projek:
Die naam sê alles! Jy kry ‘n groterige bottel of blik en dan gooi jy al jou kleingeld daarin. Dan kan jy die inhoud van die bottel / blik vir Hannelie Gee Om skenk en daaruit gaan ons dan die nodige items koop wat ons dringend benodig vir hierdie gesinne. Jy is ook meer as welkom om self items daaruit te koop en aan ons te skenk. En op hierdie manier voel ‘n mens dit nie so erg aan jou sak om ‘n skenking te maak nie.

NUWE PROJEK: Paasfees Projek
Die volgende projek wat ons tans aanpak en julle hulp mee benodig is die “Paasfees Projek” Ons beoog om die lekkergoed pakkies vir die kinders die 06 Mei 2017 te gaan uitdeel as ‘n laat Paasfees pakkie. Enige paaseiers en lekkergoed is welkom. Ons wil dit juis eers na April-maand gee, want dan is daar heelwat paaseiers en ander sjokolade lekkergoed op uitverkoping en dan betaal jy nie so duur daarvoor nie.

AFSET GEBIEDE:
Albertinia: Hannelie Gee Om (Hannelie OF Rina Pretorius), Adres: LENIEHOF NR 5, KERKSTR 32, ALBERTINIA
Tel:078 3340 389 E-pos: hannelie.skenkings@gmail.com

Stilbaai: Chrisna Uys, Adres: Bellevue Resort, Oslerstr. 8, Stilbaai-Oos, Tel: 028 754 1505, Tye: Maandae tot Vrydae vanaf 09h00 – 12h00 en 14h00 – 16h00,

Mosselbaai: Nadia Jardim, Adres: Hartenbos Landgoed 76, Hartenbos, Tel: 072 212 8645

Ons is nog opsoek na nog afset gebiede (persoon of besigheid) veral in Riversdal & Gouritsmond waar die publiek skenkings heen kan neem. Indien jy of iemand wat jy ken ‘n afsetgebied wil wees, stuur asb. vir my ‘n e-pos. Ander dorpe & gebiede in die Hessequa en Eden gebied (Suid-Kaap of Tuin Roete) is ook meer as welkom.

Indien julle enige navrae of voorstelle het, laat weet gerus. Vertel ook asb. vir julle vriende, familie, kollegas en so meer ook hiervan, want sonder julle hulp kan ons nie ‘n sukses hiervan maak nie. Hou ook gerus my Facebook blad “Hannelie Gee Om” vir enige nuwe projekte dop. On plaas ook gereeld daar die skenkings wat ons ontvang en ook wanneer ons dit gaan uitdeel die persoon se lyf met die skenking. Nogmaals baie duisende dankie!!!

Groete vanuit Albertinia
Hannelie Pretorius  

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply