KWEKERY & DAM RESTAURANT

‘n Nuwe jaar, ‘n wonderlike nuwe begin!
Hierdie Kwekery & Dam Restaurant gaan Dié PLEK in die groter Hessequa (en later wyer) omgewing word waar onvergeetlike oomblikke met geliefdes, vriende of kennisse geskep gaan word.

Die Maatskappy se naam is nie verniet: Beloftegrond nie. Met eienaars, Jaco & Reinette Swanepoel en ‘n vriendelike spannetjie: Ansie, Maurina en Elmarie in die Restaurant en Tania en Irwan in die Kwekery, beloof enige besoek aan hierdie besigheid ‘n sorgvrye belewenis te wees vol spesiale aandenkings.

Die spesiale geleenthede soos verjaarsdae, konferensies, partytjies en troues getuig reeds van heerlike kos en keurige bediening. Aldus een van die gaste: “Hierdie is die lekkerste troue (en glo my, ek was al by baie) met die lekkerste kos wat ek nog bygewoon het”. Elke buitelander wat met die Kwekery se toerismebordjies ry tot by die prageiendom, staan verstom.
Hul spreek hul waardering uit vir die uitsig, besondere atmosfeer, uitmuntende etes en warm vriendelikheid. Die Restaurant verwerf hierdeur 5 sterre op ‘Tripadvisor’.
Sondagetes is nou weer die norm. Spesiale tafelhoekies word geskep vir bespreekte gaste en etes word deur Jaco met sorg voorberei – vars elke Sondagoggend… en almal kuier heerlik in die gesellige atmosfeer wat heers. Die kontantkroeg is deurentyd beskikbaar.

Die Tentakkommodasie is reeds beskikbaar op ‘n Bed-en-Ontbytbasis (“die matras! Die beddegoed! Die mooi interieur! He-e-erlik geslaap en gestort!” Aldus ‘n gas). Gesellige kuierarea met TV en aandetes vervolmaak gaste se ervaring. Dierbare dwergkonyne en hoenders is heeltyd te siene; ganse loop in die weidingsarea en die lagduifies skep ‘n rustige atmosfeer.

‘n Baie Spesiale Valentynsete (14 Februarie) met ‘n dans agterna (met 2 verrassings!) gaan ‘n tendens vorm vir toekomstige romantiese aande waartydens paartjies kan ontspan en kwaliteit tyd met mekaar kan spandeer. ‘n ‘Ballroom’ instrukteur sal dié wat wil leer Ramba en Tango ens. so tussendeur met raad en daad bedien, of daar kan net gesellig gekyk word hoe dit gedoen word.

Lekker kuier, lekker eet en ja, nou ook lekker slaap – nou sinoniem van Die Kwekery & Dam Restaurant. Moet dit nie mis nie!
(Onthou om op ons Facebookblad te lees wie Katrientjie en Storkie is en wat die storie agter die nuwe Koivisse is)!

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply