OORDENKING

TEMA : WIL JY IN EIE KRAG ‘N LEIER WEES?

LEES : Matteus 26: 31- 35 en Matteus 26 : 69-75
In die evangelies lees ons baie van Petrus. Hy was baie na aan Jesus en ‘n leier in die dissipelkring. Dit is juis hy wat op die water geloop het, hy wat geantwoord het : “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” (Matt. 16:16) Dit was die eerste erkenning dat die dissipels Hom erken het as Seun van God. Dit was Petrus wat in die tuin van Getsemane bereid was om selfs teenoor die groot menigte, Jesus te verdedig met die swaard toe hy Malgus se oor afkap. Hy het verklaar dat hy beslis nie vir Jesus sal verloën nie. En dan gebeur dit, hy verloën Jesus drie maal. Toe het hy besef dat hy altyd ‘n leier in eie krag wou wees. Hy wou met eie insig, wysheid en krag leiding neem, maar het nooit werklik besef dat hy dit nie sonder die krag van die Here kon doen nie. Die wonderlike van God se genade is egter dat hy nie verwerp is nie. Na Jesus se opstanding soek Hy vir Petrus weer op en herstel hom in sy amp (Johannes 21:15-19). Eers daarna het Petrus werklik leiding gegee en geneem, lees gerus sy optrede in Handelinge 2: 14 en verder. ‘n Leier loop nie met sy kop in die lig nie, ‘n leier ken die kuns om op sy knieë mense te lei.

Ds. Peet Coetzee
Gereformeerde Kerk Stilbaai (Reservoirstaat)  

Print Friendly, PDF & Email

Leave a Reply